Navigasie
Navigasie is afhanklik van hoë akkuraatheid GPS-posisionering soos DGPS of RTK. Navigasie is ‘n koste effektiewe wyse om die merk-aksie met ander aksies soos bewerking, plant, strooi, spuit, ens. te kombineer.
Verskeie metodes van navigasie kan gebruik word, afhangende van die spesifieke behoefte van die gebruiker:
- "Parallel tracking" word hoofsaaklik gebruik waar daar nie van kontoere gebruik gemaak word nie en lang, reguit rye benodig word.
- "Contour tracking" word gebruik op lande met kontoere en waar daar volgens die kontoere gewerk word.
- "Race tracking" word veral gebruik tydens breedwerpige bewerking van lande en daar van die buitekant van die land binne toe gewerk word.
- "Auto steering" is van belang waar daar van beheerde verkeer praktyke gebruik gemaak word.
Eienskappe van X20-navigasie
- Maklik om te gebruik
- "Parallel tracking"
- "Race tracking"
- "Contour tracking"
- Stoor van lande
- Toon posisie op land
- Navigeer terwyl strooi, spuit, plant of bemes
- Uitdruk van kaarte
- Merk van probleemkolle
- Opgradeerbaar na "auto steering"
Eienskappe van Greenstar-navigasie
* Spesifiek vir John Deere-stelsels