Senwes Presisieboerdery is ‘n seksie binne Senwes Village wat nou saamwerk met Senwes Landboudienste.
Senwes Presisieboerdery bring die nuutste boerderytegnologie op ‘n wetenskaplike, praktiese en verantwoordelike wyse na die produsent, ten einde gewasproduksie te optimaliseer en die hoogs moontlike opbrengs op die produsent se finansiële belegging te realiseer. Produkte wat betroubaar, aanpasbaar, opgradeerbaar en gebruikersvriendelik is, word deur Senwes Presisieboerdery bemark.
Presisieboerdery word beskou as die praktyk waar akkurate area- of sonespesifieke monitering en insette gedoen word binne ‘n land, na gelang van die spesifieke behoefte van elke sone binne die land.
Dienste
Kontakbesonderhede
Senwes Presisieboerdery beskik oor ‘n span hoogs opgeleide bemarkings- en tegniese spesialiste om die produsent behulpsaam te wees in die beplanning en uitvoering van die presisieboerderyproses op sy boerdery-eenheid.
Kontak die Presisieboerdery-span vandag om u produksieproses te optimaliseer.