Verkryging
Village Kleinhandel Verkryging is daartoe verbind om goed-geprysde, kwaliteit produkte te verkry en verder te verseker dat dit intyds en in die regte hoeveelhede op die Village winkelrakke aan die Village klantebasis beskikbaar gestel word. Deur ons deurlopende soeke na die beste moontlike aanbod, verbetering van diens en die nuutste tegnologie, streef Verkryging daartoe om by te dra dat die Village winkels altyd leiers in die mark sal wees.