Kaarte
Die volgende kaarte is op aanvraag beskikbaar. Skakel een van ons spesialiste in die GIS- en Kartering-afdeling om te hoor hoe hierdie kaarte jou kan bevoordeel.
PLAASKAARTE
(Produsent se eie data)
Landboukundig
- Plaasgrense – DGPS;
- Relatiewe posisie-kaarte – DGPS;
- Opbrengspotensiaal – Mielies, Sonneblom, Sojabone, Grondneute, Koring;
- Fisiese eienskappe – Grondtipe, effektiewe diepte, water in profiel, veldkapasiteit, verwelkpunt, plantbeskikbare water;
- Chemiese analise – N, P, K, Ca, Mg, pH, suurversadiging; en
- Aanbevelings – P, K, kalk
Jag- en wildsplase
- Kampgrense, paaie, waterpunte, boorgate;
- Areabepalings van elke kamp of area op die plaas;
- Akkurate afstande tussen punte en spoorafstande;
- Kaarte in elektroniese formaat, wat versoenbaar is met GPS-eenhede;
- Leiding vir jagters en stappers en maklike rekordhouding van waarnemings en jagopbrengs; en
- Gebruik vir algemene bestuur en beplanning, advertensies en versekeringsdoeleindes.
GEBIEDSKAARTE
- Paaie en spoorweë;
- Dorpe en stede;
- Provinsiale en munisipale grense; en
- Plaasgrense.
KLIMAATSKAARTE
Ryp
- Gemiddelde datum van die eerste voorkoms van ryp (1 in 10 jaar);
- Gemiddelde datum van die laaste ryp (1 in 10 jaar); en
- Gemiddelde datum van die eerste voorkoms van ryp (5 in 10 jaar).