GIS- en Karteringsdienste
Die kartografiese diens behels die lewering van akkurate, hoë gehalte tematiese plaas- en gebiedskaarte teen mededingende pryse. Kaarte is in verskeie groottes (A0, A1, A2, A3, A4) en formate (gedruk, geraam, gelamineer, elektronies) beskikbaar.
GIS- en karteringsdienste verskaf ‘n wye reeks kaarte. Hierdie kaarte bevat hulpbroninligting, wat effektiewe boerderybestuur en -besluitneming bevorder.
Hulpbroninligting
- ‘n Groot verskeidenheid plaasinligting soos byvoorbeeld landerye, kampe, gange, grense, windpompe, trôe ens. is akkuraat met DGPS opgemeet en geplot;
- Grondklassifikasiepunte en/of -sones word aangetoon;
- Grondopbrengspotensiaal; en
- Grondvrugbaarheidstatus (ontledingsinligting).
Beskikbare inligting
- Topo-Kadastrale inligting van Suid-Afrika:
- Paaie en spoorlyne;
- Dorpe en stede;
- Plaasgrense; en
- Provinsiale en munisipale grense.
- Natuurlike hulpbron-inligting:
- Weidingskapasiteit;
- Gewasopbrengste;
- Acocks-veldtipes;
- Reënvalverspreiding;
- Haelfrekwensie; en
- Temperatuur, humiditeit en evaporasie .
- Lugfoto’s van gedeeltes van Suid-Afrika
Daar word deurgaans gepoog om meer en meer relevante inligting in te samel vir die produksie van hoë kwaliteit kaarte en inligting.
Gebiedskaarte
Gebiedskaarte is in gedrukte formaat beskikbaar en behels:
- Topo-Kadastrale inligting volgens die kliënt se behoefte; en
- Relevante inligting met betrekking tot die kliënt se behoeftes soos byvoorbeeld verteenwoordigende streke of bedieningsgebiede.
Voorbeeld
