Agri-SEB
Senwes Landboudienste verskaf op die volgende wyse Agri-SEB-ondersteuning aan die kommersiële produsent:
- Advies aan kommersiële boere ten opsigte van Agri-SEB projekte;
- Fasilitering van Agri-SEB (Swart Ekonomiese Bemagtiging) op kommersiële plaasvlak vir produsente wat SEB deur middel van LRAD wil toepas;
- Koördinering van die samewerking van die betrokke staatsdepartemente;
- Interaksie met die kommersiële boer se prokureur en boekhouer om die samewerkingsooreenkoms saam te stel;
- Ontwikkeling van ‘n besigheidsplan vir finansiering;
- Verskaf agronomiese, vee-/weidingkundige en landbou-ekonomiese ondersteuning vir boere wat Agri-SEB implementeer;
- Verskaf, fasiliteer en koördineer opleiding;
- Aanbied van lesings met betrekking tot Agri-SEB aangeleenthede; en
- Algemene Agri-SEB advies:
- Telefoniese navrae
- E-pos navrae
- Persoonlike besoeke