Grainlink Bemarking
Sedert die deregulering van landbou in die negentigerjare, is Senwes aktief betrokke in graanbemarking. Graanbemarking het homself onderskei deur die eerste instansie te wees wat opeenvolgende sonneblomkontrakte in die vryemarkstelsel kon fasiliteer.
Senwes is ook die eerste landbou-instelling wat ʼn setel op die Suid-Afrikaanse Termynbeurs (SAFEX) gekoop het.
Graanbemarking lewer ʼn verskeidenheid dienste aan ʼn diverse klantebasis – wat onder meer graanprodusente, meulenaars, veevoervervaardigers, plaaslik- en internasionale handelaars, en finansiële en statutêre instellings insluit.
Graanbemarking is terdeë daarvan bewus dat die bemarkingsomgewing voortdurend verander en dat aanpassings en uitbreidings deurlopend gemaak moet word om die beste moontlike diens aan ons klante te bied.
Navrae: Assistent Hoofbestuurder Graanbemarking