Silosertifikate
Die uitreik van elektroniese SAFEX en silosertifikate
Die elektroniese sertifikaat lyk presies dieselfde as die papierweergawe en die funksie is ook dieselfde. Elektroniese SAFEX en silosertifikate het die voordeel dat dit veilig in ‘n elektroniese databasis gestoor word.
Klante kan by ESS (Elektroniese Silosertifikate) registreer. Registrasie is gratis en werk op dieselfde beginsel as ‘n internetbankdiens.
Voordele
- Die elektroniese stelsel bied volkome gerusstelling, aangesien die vertroulikheid en bestuur van hierdie stelsel gewaarborg word.
- Klante kan via die internet, www.silocerts.co.za, op hul rekening/profiel inteken. ‘n Telehandeldiens is ook beskikbaar aan klante wat nie toegang tot die internet het nie.
- Sertifikate is onmiddelik beskikbaar. Dit kan ook na-ure via die internet oorgedra word.
Verdere inligting met betrekking tot ESS is op die internet by
www.silocerts.co.za beskikbaar of ‘n e-pos kan na
support@silocerts.co.za gestuur word.
Navrae: Bestuurder Silosertifikate