Graanfinansiering
Die Graanfinansieringsafdeling bied die volgende produkte en dienste:
Finansiering
Wanneer graan by Senwes Grainlink gekoop word en daar ‘n behoefte aan finansiering vir hierdie aankope bestaan, kan finansieringsopsies oorweeg word. Oorweging geskied op grond van dieselfde kriteria as dié van handelsbanke.
Administrasie
Ten einde die aankope van graan te fasiliteer, word volgens wetgewing ‘n volledige stel FICA-dokumente vereis. Hierdie inligting word gebruik om ‘n koperskode te skep, waarteen die voorraad- en stoorkoste gefaktureer sal word.
Direkte aankope
‘n Volledige administratiewe ondersteuningsfunksie word gratis aan klante voorsien. Hierdie diens sluit inligting met betrekking tot voorraadontvangstes, bestellings, nasporing en balanse in.
Fasilitering
In gevalle waar Senwes ‘n transaksie fasiliteer. Sluit die diens inligting met betrekking tot voorraadontvangstes, bestellings, nasporing en balanse in.
Navrae: Kredietbestuurder