Besigheidsontwikkeling
Die doel van die Besigheidsontwikkelings-afdeling is om geleenthede te identifiseer om groei in Senwes Grainlink se kernbesigheid te bewerkstellig. Dít sluit in alle aktiwiteite wat te make het met die stoor, hantering en verhandeling van graan vanaf die plaashek tot by die meuldeur. Die identifisering van potensiële besigheidsgeleenthede hang af van die onderneming se vermoë om aan bepaalde evaluasiekriteria te voldoen.
Kriteria
- Vermoë om groei in markaandeel te bewerkstellig
- Verbetering in bruto wins
- Risiko-verskansing
- Strategiese plasing
Navrae: Bestuurder Besigheidsontwikkeling