Voedselveiligheid en -higiëne
Kopers van graan en oliesade kan rustig slaap in die wete dat Senwes die HACCP-stelsel (Gevaaranalise en Kritieke Kontrolepunt) toepas.
Hierdie stelsel bied die volgende toegevoegde waarde aan die koper:
- Dit verhoog persoonlike voedselveiligheidsinisiatiewe.
- Dit dien as aanvulling gedurende inspeksies deur regulatoriese owerhede.
- Dit bevorder internasionale handel deur vertroue in voedselveiligheid te verhoog.
Senwes is as ‘n voedselbesigheidsoperateur by die Nasionale Departement van Landbou geregistreer. Alle standaarde en prosedures wat by Senwes silo’s toegepas word, is in ooreenstemming met Suid-Afrikaanse Goeie Bestuurspraktyke. Dit sluit innovasies in veiligheid, gesondheid en omgewingskwaliteit in.
HACCP is ‘n voedselveiligheidsisteem wat fokus op voorkoming, eerder as eindproduktoetsing.
Navrae: Bestuurder Spesialiteitsprodukte