Orkney Saad
Senwes beskik oor goed toegeruste saadverwerkingsaanlegte waar produksie dikwels 24 uur per dag geskied. Goed gekoördineerde operasionele, logistieke en administratiewe werkwyses sorg vir maksimum effektiwiteit. Hierdie aanlegte is geleë te Orkney en Hartswater, waar onder andere koring, mielies, sonneblom, sorghum, tef, eragrostes, hawer, rog en gars verwerk word. Orkney Saad is lid van SANSOR en funksioneer volgens die riglyne van die plantverbeteringswet en ISTA (International Seed Testing Association).
Navrae: Bestuurder Saad