Klik op die skakels hieronder om direk na die organisasie se inligting te beweeg.
Die Pet Action Groep is in 2000 gestig en is ‘n nie winsgewende organisasie. Hulle funksioneer deur vrywilligers wat dieselfde passie en liefde deel as die van die stigter, Judy van Zyl. Hulle beywer hulself om ‘n beter lewe vir verwaarloosde en mishandelde troeteldiere in en rondom Bloemfontein te voorsien.
Hulle werk in die arm woonbuurte in Bloemfontein en ook in die plot areas om Bloemfontein waar diere eienaars nie altyd aan die diere se behoeftes kan voorsien nie. Indien dit onder hul aandag gebring word dat daar ‘n dier in nood is, sal die groep sover moontlik alles doen om die diere se omstandighede te verbeter of hom in ‘n beter huis te plaas.
Dienste
Hulle gee verhongerde diere kos, skuilings en komberse waar nodig, neem diere wat behandeling of medisyne benodig na ‘n veearts, doen plaagbeheer soos ontwurming, bosluis- en vlooibeheer op diere. Sterilisering van diere is een van die groep se groot uitgawes, maar ook van die belangrikstes om te voorkom dat daar ongewenste klein katjies en hondjies gebore word.
Daar word ook gehelp met die plasing van troeteldiere in nuwe huise waar hulle die nodige versorging en liefde sal kry wat hulle nodig het. Verder word daar gepoog om mense in te lig en op te lei hoe om diere te versorg en verantwoordelike troeteldier eienaars te wees.
Die afgelope paar jaar is daar al hoe meer families wat finansieel sukkel en die groep probeer ook om die mense van kos, warm klere en komberse te voorsien, wanneer daar na hulle diere omgesien word.
Behoeftes
-
Brandstof
-
Telefoononkoste
-
Skuiling vir diere wat by eienaars weggeneem word, totdat hulle huise kry
-
Sterilisasie van honde en katte
-
Kos vir honger diere
-
Dipmiddels
-
Nekbande vir honde met kettings om die nek
-
Medikasie en spuite
Kontakpersoon
Judy van Zyl
Sel: 083 637 8491
E-pos: info@petactiongroup.co.za
Web: www.petactiongroup.co.za
Die Vrystaat Nasorgsentrum in Bloemfontein het ontstaan in 1981 uit die behoefte van ouers wat ‘n heenkome gesoek het vir hulle gestremde kinders na hulle op 18 jarige ouderdom die skool verlaat het. Na 31 jaar van groei is die sentrum in staat om die volgende dienste aan gestremdes bo die ouderdom van 18 jaar te bied:
Dienste
- ‘n Woning: Huisvesting word aan 156 volwasse gestremdes gebied, wat nie onafhanklik kan funksioneer nie.
- Werkswinkels: Die 156 inwoners en 34 dagwerkers word bedags in vyf werkswinkels volgens vermoëns opgelei om produkte te vervaardig wat verkoop kan word. Hierdie sluit in ‘n bakkery, houtwerksentrum, naaldwerk, pottebakkery en drukkery.
- Kliniek: ‘n Kliniek op die perseel, wat deur die sentrum bedryf word, verskaf daagliks basiese gesondheidsorg aan die 156 inwoners, waarvan baie op chroniese medikasie is.
- Busvervoer: Die dagwerkers word deur die sentrum op ‘n roete op en afgelaai ten einde die werkswinkels te kan bywoon. Die sentrum verskaf ook daagliks vervoer tussen die sentrum en hospitale en ander mediese dienste.
Behoeftes
- Gereedskap vir instandhouding en skoonmaaktoerusting.
Kontakpersoon
Stefan Vosser
Tel: 051 436 6034/5
Khaya Tshepo voorsien ‘n noodsaaklike diens aan kinders in nood – nie net op ‘n opvoedkundige vlak nie, maar dit spreek ook die gesondheid en welstand van die kind aan. Die projek, gebasseer in Klerksdorp, sien om na die fisiese, sielkundige, psigososiale en geestelike behoeftes van kwesbare kinders vanaf geboorte tot ses jaar oud, soos geïdentifiseer deur verskeie huissorgprogramme in Khuma, Alabama, Jouberton en Kanana. Hierdie dienste word vyf maal per week, tussen 08:00 en 15:00, voorsien. ‘n Personeelkorps van sewe, professioneel en onopgeleide mense, sien om na die kinders.
Dienste
- Kinders word daagliks na en vanaf die sentrum vervoer.
- Twee voedsame maaltye word per dag voorsien.
- Ouderdom-gepaste lesse word aangebied.
- Ten minste een opvoedkundige uitstappie word per kwartaal georganiseer.
- Al hierdie dienste word met toewyding, liefde en sorg aangebied.
Behoeftes
Befondsing word vir die volgende benodig:
- Salarisse
- Brandstof en onderhoud van voertuie
- Vervoerkoste (taxi-koste) vir onderwysers en kinders
- Opvoedkundige toerusting
- Kos
- Skryfbehoeftes
- Munisipale kostes
- Kommunikasiekoste (rekenaar, telefoon, internet ens.)
- Oudit
- Instandhouding van die gebou
- Versekering
- Bankkoste
Kontakpersoon
Charleen Diedericks
Tel: 079 256 4255
Huis Emily Hobhouse is geleë in Koppies en bestaan sedert Januarie 1977. Die tehuis is 'n nie-winsgewende organisasie wat daarna streef om bejaardes 'n gemaklike en rustige aftrede te verseker.
Die terrein is toegekamp met 'n veiligheisheining en die ingang word beheer met 'n elektriese hek. Die terrein is netjies en goed versorg. Voortdurende instandhouding word gedoen. Behuising word so bekostigbaar moontlik aangebied.
Die tehuis beskik oor 25 personeellede en informele opleiding word maandeliks gedoen. Transformasie geniet hoë prioriteit en goeie kommunikasie met die personeel van Khanya Kliniek in Kwakwatsi, asook die maatskaplike werkster, maak dit moontlik om te weet waar nood by bejaardes in die gemeenskap is.
Dienste
Verblyf: Huis Emily Hobhouse beskik oor 30 woonstelle, 'n verswakte afdeling wat 26 pasiënte kan versorg en kamers binne die tehuis waarin 20 inwoners kan woon.
Dienste aan die publiek: Gemeenskapsdienste het ten doel om bejaardes so lank as moontlik deel van die gemeenskap te hou deur na hul behoeftes om te sien:
- Neem van bloeddruk, bloedsuiker, uriene toetse, inspuitings en wondversorging.
- Hulpmiddels bv. rolstoele word ook aan publiek geleen.
- Tydelike opnames vanuit die publiek word gedoen bv. vir 'n herstelperiode na 'n operasie.
- Voedingskemas.
- Klerevoorsiening
- Tuissorg vir bejaardes
- Handwerklesse en verskillende projekte wat hul instaat stel om ook 'n inkomste te genereer.
- Bejaardes word voorsien van groentesaad wat hul instaat stel om vars groente te produseer.
- Godsdiens, ontspanning- en oefenprogramme word aangebied.Voorligting in verband met gesondheidstoestande, pensioene ens. word ook voorsien.
Behoeftes
- Subsidiehulp vir inwoners.
- Instandhouding.
- ‘n Gasstoof is noodsaaklik, omdat daar baie kragonderbrekings in Koppies ondervind word.
- Storte vir woonstelle is nodig, omdat baie inwoners nie meer in en uit 'n bad kan klim nie.
Kontakpersoon
Anne-Marie Zitzke
Tel: 056 777 1811
E-pos: emily@compuking.co.za
Die Jak127 Hulpfonds is in 2008 deur Hennie van Vreden, ‘n voormalige inspekteur by die Suid-Afrikaanse Polisiediens, gestig. Dit het kantore in Klerksdorp, Orkney en Potchefstroom. Dit is ‘n organisasie wat weeskinders en weduwees in ondersteun in hul oomblikke van nood. Hul beskerm mense teen die korrupsie van die wêreld deur om te sien na kinders sonder pa’s en weduwees wat in die moeilikheid is. Hulle reik uit na hulle en voorsien in hul fisiese, emosionele en spirituele behoeftes.
Dit reik ook uit na die slagoffers van natuurlike rampe en help mense om hul plek en doel in die lewe te find. Jak127 is ‘n stabiele organisasie wat ‘n groot impak maak in die plaaslike gemeenskap en wat so sal bly doen.
Dienste en behoeftes
Fondse word benodig ten einde die voortsetting van die volgende projekte:
Back to basics – Lantern Hotel Projek
Lantern Hotel in Klerksdorp is ‘n ou hotel wat ‘n handelsplek vir dwelms en prostitusie geword het. Die fonds werk saam met Erika, ‘n inwoner van die gebou, om hulp te verleen aan die wat daarvoor vra.
Voedingsprogramme by skole
1300 kinders in 10 skole in Klerksdorp, Jouberton, Khuma en Stilfontein word weekliks voorsien van voedsel.
Randlespark tehuise
Vier tehuise in Randlespark, Klerksdorp met 78 inwoners word elke Dinsdag van ‘n voedsame maaltyd voorsien.
Maandelikse kospakkies
50 kospakkies word maandeliks aan bejaardes en enkelmoeders met kinders in die KOSH-area voorsien. Kanana Kerk word ook weekliks van kos vir 60 behoeftiges voorsien.
Dwelm en okkult bewustheidsprogramme by skole
Aanbiedinge rakende bewustheid en voorkoming ten opsigte van die voorkoming van dwelm- en okkultverwante aktiwiteite word by skole, kerke, organisasies, universiteite en kolleges aangebied.
Turn2God Atletiekklub
Die klub word vrywilliglik deur een van Suid-Afrika se topatlete, Stuart McColl, afgerig om behoeftige atlete vanuit die omliggende myngemeenskappe en statte te ontwikkel.
Jak127 Kinderhuis
Hierdie is ‘n huis vir weeskinders in Stilfontein. Tans kan die huise slegs ses kinders akkommodeer, maar daar word beplan om dit te vergroot om 18 kinders te huisves.
Kontakpersoon
Hennie van Vreden
Tel: 018 473 1111
Sel: 073 494 0362
E-posl: jak127@telkomsa.net
Die Triest Opleidingsentrum is ‘n aktiwiteitsentrum en bied huisvesting vir volwassenes met intellektuele gestremdhede.
Die Triest Opleidingsentrum is ‘n NRO en is geleë in Klerksdorp en is 15 jaar gelede gestig. Die projek is begin deur die Brothers of Charity Services. The Brothers of Charity is ‘n internasionale organisasie wat in 33 lande teenwoordig is.
Die sentrum het tans 15 werknemers en 52 mense met intellektuele gestremdhede (kliënte) in hul sorg. Die rol van die diens is om gesinne en ander lede van die gemeenskap te fassiliteer om te deel in die lewens van mense met intellektuele gestremdhede.
Dienste
Kliënte vaardigheidsontwikkelingsprogramme
Hulle bied verskeie werkswinkels aan in hul aktiwiteitsentrum op ‘n behoefte gebasseerde program. Kliënte mag kies om te werk in die departement van hul keuse en word gemotiveer om daardie vaardighede tot die beste van hul vermoëns te bemeester.
Huisvesting
Hulle het vier koshuise wat 30 kliënte kan akkommodeer.
ABET (Basiese opleiding vir volwassenes)
Triest Opleidingsentrum bied ABET aan hul kliënte deur die Media Works program te gebruik. Hierdie program is opgestel op rekenaars en leer geletterdheid en syfervaardighede.
Behoeftes
Die organisasie benodig befondsing om voort te gaan met die rol wat dit speel om kliënte voor te berei vir die werksomgewing. Dit beplan om 30 intellektueel-gestremde leerders in 2012/13 op te lei.
Kontakpersoon
Sam Calder or Lynn Cohen
Tel: 018 4686741
Fax: 018 4681616
Email: scalder@telkomsa.net or lcohen@telkomsa.net
Viljoenskroon Hospice is in 1993 gestig en is sedertdien aktief betrokke by tuissorg vir terminale pasiënte. Dit is verbind daartoe om ‘n goeie lewensgehalte, stimulasie en ontwikkeling van kinders te bied.
Daar word jaarliks na 340 terminale pasiënte en hul gesinne, sowel as 509 wees- en kwesbare kinders tussen die ouderdomme van 0 – 18 jaar in die Rammulotsi gemeenskap omgesien.
Daar is 17 versorgers vanuit die gemeenskap, wat opgelei is om sorg, opleiding en berading te voorsien.
Dienste
Hospice poog om die volgende te bereik: -
Voorsiening van ondersteuning en sorg aan persone in die laaste fases van ongeneesbare siektes, sodat hulle so gemaklik as moontlik kan leef.
-
Voorsiening van dagsorg Hospice aan wees- en kwesbare kinders wat deur HIV en VIGS ly en daardeur beïnvloed word, waar hulle in ‘n veilige, stimulerende omgewing kan omgaan, waar daar na hul mediese en voedingsbehoeftes omgesien word.
-
Voorsiening van opvoedkundige programme aan die benadeelde gemeenskap met betrekking tot HIV en VIGS voorkoming, oordraagbaarheid, sorg en berading.
Behoeftes
Die organisasie se grootste uitdaging is om fondse in te same om medikasie en voedsel vir die kinders te koop. Medikasie en maaltye word daagliks voorsien. Die meeste van die kinders ly aan HIV en TB.
Kontakpersoon
Chris Mokatsane
Tel: 056 343 3975
Faks: 086 570 6724
E-pos: office@hospicevjk.org.za
Web: www.hospicevjk.org.za
Die VVA Vrede is ‘n NGO wat deur middel van twee gekwalifiseerde maatskaplike werkers en ‘n hulpwerker ‘n gevallelading van 640 hanteer – slegs statutêre gevalle. Die gemeenskap ondersteun die organisasie en vrywilligers help met fondsinsamelings en versorgingsdienste.
Behoeftes
Omdat die organsisasie soveel projekte bedryf, is die veiligheid van die kinders van uiterste belang. Die oostekant van die erf kort ‘n veiligheidsheining van ± 42 meter. ± 120 kinders neem deel aan ons vakansieprojekte.
Daar is ook ‘n behoefte aan fondse om kospakkies vir Kersfees uit te deel. 400 gesinne is verlede jaar gevoed met R20 000.
Kontakpersoon
Ansie Fourie
Tel: 058 913 1529
Faks: 058 913 2641
E-pos: vvavrede@email-sa.co.za
Vrystaat Bejaardesorgsentrum word beskou as een van die grootste inrigtings van sy aard in die Vrystaat en word as ‘n nie-winsgewende organisasie bedryf. Die sentrum, geleë in Bloemfontein, bestaan uit drie komponente, naamlik:
-
Flemmingpark Wooneenhede
-
Mooihawe Tehuis vir Bejaardes
-
Kuierhoekie Dienssentrum vir Bejaardes
Mooihawe Tehuis vir Bejaardes maak voorsiening vir die versorging van 140 inwoners, waarvan verswakte bejaardes die grootste persentasie uitmaak. Fisiese en geestelik-gestremde persone word ook hier gehuisves, maar in kleiner getalle.
Dienste
Omvattende kwaliteit versorgingsdienste word aan bejaardes en gestremdes gelewer om in hul fisiese, maatskaplike en geestelike behoeftes te voldoen.
Behoeftes
Ou en beskadigde blinders voor vensters moet met gordyne vervang word by die Mooihawe Tehuis om die gebou meer huislik te laat voorkom.
Kontakpersoon
Ronél du Plessis
Tel: 051 444 3865
Faks: 051 444 0465
E-pos: ronelvva@lantic.net
Dienste
Die projek huisves vrouens met kinders, wat verwerp is, voorsien in hul daaglikse behoeftes soos kos, klere en behuising en daar word skoolklere en skryfbehoeftes aan hulle skoolgaande kinders voorsien.
Hierdie vrouens word gehelp om weer werk te kry, word geplaas in 'n gemeubuleerde woonstel en ontvang kospakkies, totdat hulle weer op hul eie kan funksioneer. Verder word hulp en kennisoordrag in terme van finansiële beplanning gebied.
Kospakkies, groente en brode word een maal per maand afgelewer in Vierfontein (30 pakkies), Domionionville (27 pakkies), Orkney Vaal (elke tweede week - 50 groentesakke) en by die KLOPP Huis (15 pakkies).
KLOPP is betrokke by verskeie ander projekte byvoorbeeld by die skool op Vierfontein, waar toebroodjies daagliks aan die kinders verskaf word en donasies van klere en komberse aan behoeftiges.
Behoeftes
Daar bestaan altyd 'n behoefte aan enige kos, groente en vrugte, sowel as klere, komberse, skoolklere vir kinders, skryfbehoeftes, meubels en skoonmaakmiddels. Fondse word ook benodig vir opleiding van die dames om sodoende makliker werk te kry.
Kontakpersoon
Rentia van Zyl
Tel: 018 462 1777
Sel: 072 325 0077
Faks: 086 549 3618
E-pos: rentia@koshcom.co.za
Dienste
Dagbreek Wonings Sorgfasiliteit is ‘n tehuis in Smithfield, wat ondersteunde verblyf aan bejaardes bied. Die fasiliteit word nie gesubsideer nie en is geaffilieer met Vrystaat Sorg in Aksie: Smithfield, waarvan die primêre funksies insluit om om te sien na die bejaardes en om behoeftiges vanuit die gemeenskap by te staan deur middel van donasies van voedsel, klere, komberse en skoolfonds.
Die fasiliteit bestaan uit 22 eenhede, waarvan 18 mense daagliks gesonde maaltye ontvang. Dit bedryf as ‘n nie-winsgewende organisasie en benodig deurgaans hulp.
Behoeftes
Die organisasie se grootste bekommernis is om deurgaans voedsel aan die bejaardes te voorsien, sowel as elektrisiteitskoste. Vaste koste soos salarisse, instandhouding en munisipale rekeninge is ook kommerwekkend.
Kontakpersoon
Antionette Kriel
Tel: 051 683 0178
E-pos: dagbreek@zipplink.co.za
Huis Kosmos is ‘n Tehuis vir Bejaardes wat geleë is in die pragtige plattelandse dorpie van Kestell. Daar is tans 30 inwoners wat afhanklik is van intensiewe daaglikse versorging. Die meeste van die inwoners kan dit slegs bekostig om daar te woon, indien die regering en/of families bereid is om te help.
Die gemeenskap is arm en werksgeleenthede baie beperk. Die organisasie is afhanklik van donasies en fondsinsamelings.
Behoeftes
Die huishoudelike afdeling is een van die afdelings waarvoor daar selde fondse voorsien kan word. Omdat die meeste van die inwoners baie verswak is, word die linne baie meer gebruik as normaalweg.
Verder is die kombuistoerusting meestal tweedehandse skenking vanuit die gemeenskap en daar ontbreek baie noodsaaklike items en is daar baie tekorte.
Kontakpersoon
Annemie Nel
Tel: 058 653 1141
Faks: 058 653 1841
E-pos: huiskosmos@gmail.com
Vrystaat Sorg in Aksie is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat bedryf word in die Vrystaat provinsie. In die meer as 100 jaar sedert sy stigting, het die organisation ‘n groot rol gespeel in die transformasie van kinder- en familiesorg, sorg vir bejaardes, sosiale verligting, werkskepping en ontwikkeling, sowel as die bemagtiging van die gemeenskappe wat dit dien.
Dienste
Daar is ‘n toenemende aantal mense in die wyer Parys-omgewing wat afhanklik is van die organisasie vir een maaltyd per dag om te oorleef. Hulle voorsien tans in hierdie behoefte via drie projekte wat vanuit die Parys-kantore bedryf word:
- Sopkombuis – bied daagliks maaltye en vrugte.
- Kospakkies – hulle help tans 20 gesinne op ‘n maandelikse basis deur kospakkies by hul huise af te lewer.
- Bak-projek – hulle het ‘n student wat vrywilliglik kooklesse aanbied om die gemeenskap te leer hoe om gesonde maaltye te maak met die bestandele wat tot hul beskikking is.
Behoeftes
Daar is ‘n ernstige behoefte na fondse om die sopkombuis- en voedingsprojekte te volhou.
Kontakpersoon
Margitta Benade
Tel: 056 811 2971
E-pos: mbenade@iqgroup.net
Web: www.freestatecare.co.za
Mevrou President Steyntehuis is 'n tehuis vir verswakte bejaardes. Hulle probeer ‘n tuiste skep vir hul inwoners waar hulle hul menswaardigheid kan behou en trots voel op waar hulle woon.
Van die 80 inwoners is 39 afhanklik van staatspensioen en die tehuis probeer om hulle ook te akkommodeer deur hulle te subsidieer.
Daar is 'n haarsalon, 'n sitkamer met DSTV, 'n washuis en skoon en netjiese kamers wat daagliks skoongemaak word.
Dienste
- Hulle bied 24 uur per dag verpleegsorg met gekwalifiseerde susters en verpleegsters.
- 3 gebalanseerde maaltye per dag.
- ‘n Satelliet-kerkdiens vind elke Sondag plaas en bybelstudie word gereeld gehou.
Behoeftes
- Die gebou se dak benodig ‘n nuwe laag verf.
- Doeke vir van die inwoners.
Kontakpersoon
A S Smith
Tel: 057 354 1606
Faks: 057 354 3239
E-pos: pressteyn@onstuiste.co.za
Vrystaat-versorging in Aksie is ‘n welsynsorganisasie wat in 2008 sy honderdjarige bestaan gevier het. Die missie van die organisasie is om minderbevoorregte mense in nood te versorg, ontwikkel en te bemagtig.
Die uitleef van die organisasie se waardes word daagliks deur die eskalering van menslike nood beproef. Die kantoor ontvang slegs subsidie vir die statutêre dienste ten opsigte van die versorging van kinders gesinne en bejaardes.
Dienste
Die takkantoor van Vrystaat Versorging in Aksie in Brandfort lewer die volgende dienste:
- Bejaardesorg en aftreeoordfasiliteite (Rusoord en Helenashof)
- Kinder-en gesinsorg en beskermingsdienste
- Vigswesies-behuising en sorg (Reakgathalla)
- Voorskoolse sorg aan behoeftiges (Cool Cats Speelgroep)
- Armoedeverligting en werkskeppingsprogramme (groentetuine en naaldwerk)
- Slagofferbeveiliging en bemagtiging
Behoeftes
- Kospakkies: Daar word maandeliks 47 kospakkies uitgedeel aan minderbevoorregte gesinne.
- Voedingsprojek: Daar word weekliks aan 30 kinders en 50 bejaardes broodjies en sop voorsien.
- Reakgathalla Pleegsorgkompleks: Daar woon byna 100 pleegkinders by Reakgathalla Pleegwooneenhede wat uit huise kom waar hulle erg verwaarloos is of die ouers het hulle verlaat of is oorlede.
- Voedsel (mieliemeel, koekmeel, eiers, koffie, tee, suiker, blikkieskos)
- Klere en skoene
- Toiletware
- Opvoedkundige toerusting (boeke, rekenaars, speelgoed, legkaarte)
- Sport benodighede (balle, sportklere)
- Mediese sorg
- Befondsing vir voorskoolse kinder- en dagsorgfasiliteit
Kontakpersoon
Martin Coetzee
Tel: 051 821 1019
Faks: 051 821 1828
E-pos: freestatecarebrand@telkomsa.net
Najaarsrus in Parys huisves tans 89 verswakte bejaardes.
Inwoners kommunikeer met die personeel deur ‘n interkomstelsel indien hulp benodig word. Parys Sekuriteit is verantwoordelik vir die verskaffing van 24-uur sekuriteitsdienste. Tans is daar 33 CCTV kameras in die gebou.
Najaarsrus het ook 74 woonstelle waar die meer sterker bejaardes woon. Tans word hier aan 102 bejaardes behuising verskaf.
Die dienssentrum word ook gebruik vir die hou van kerkdienste, funksies en begrafnisse. Kunstenaars tree ook gereeld op.
Fondsinsamelings word op ‘n gereelde basis gedoen.
Dienste
- 24 uur versoring wat deur 27 personeellede gelewer word.
- Daaglikse skoonmaakdienste.
- Die kombuis verskaf drie etes per dag aan 100 inwoners.
- Die washuis werk van 07:00 tot 17:00.• Instandhouding word op ‘n daaglikse basies gedoen, sowel as tuindienste. ‘n Haarsalon, snoepie en dienssentrum vorm ook deel van Najaarsrus.
- Inwoners van die dorp kom sterk soms na hospitalisasie by die versorgings afdeling aan, totdat hulle weer self versorgend is.
Behoeftes
-
17 van die 89 verswakte bejaardes wat Najaarsrus huisves, ontvang staatsubsidie. Fondse word deurgaans benodig om hierdie inwoners te subsideer.
Kontakpersoon
Elbé Ferreira
Tel: 056 817 7343/4/5/6
Faks: 056 811 5051/817 2069
E-pos: sekretaresse@najaarsrus.co.za
Web: www.parysinfo.co.za/njr
Die sentrum het ongeveer 80 inwoners waarvoor daar gepoog word om ‘n wonderlike tuiste te skep. Die geweldige hoë lewenskoste maak dit uitdagend om losies bekostigbaar te hou en om terselfdertyd ‘n goeie diens te lewer.
Behoeftes
-
Gedeeltes van die tuine moet onder besproeiing geplaas word om te spaar op lone en om koekoejoe gras te vestig.
Kontakpersoon
Ingrid Louw
Tel: 053 444 1319
E-pos: hoopstadouetehuis@absamail.co.za
Daphne Lee Sentrum Vereeniging vir Liggaamlike Gestremdes in Klerksdorp bestaan vanaf 1981. 45 voltydse inwoners word gehuisves en 28 daar is dagkliënte wat soggens opgelaai en middae afgelaai word.
Die sentrum ontvang geen staatsubsidering nie.
Dienste
- Daaglikse vervoer vir behoeftige kliënte.
-
Voorsiening van sop en toebroodjies aan dagkliënte.
-
Daar bestaan drie werksafdelings waar mense daagliks produktief en kreatief besig gehou word. Dit gee hul ‘n plek in die samelewing.
Behoeftes
- Die sentrum benodig fondse om munisipale rekeninge en kruideniersware te subsideer.
Kontakpersoon
Heila Nortman
Tel: 018 462 4366
Faks: 018 462 4366
E-pos: daphnelee@bbit.co.za
Vrystaat Jeugsorgsentrums is ʼn nie-winsgewende organisasie wat kinders wat deur die kinderhof verwyder is, omdat hulle sorg en beskerming nodig het, voltyds versorg. Die diens is reeds meer as 100 jaar oud en dek alle lewensfasette.
ʼn Multikulturele diens word gelewer (Afrikaans, Engels, Sesotho en Zulu). Sentrums/wooneenhede skep ʼn huislike atmosfeer vir die kinders en is binne die gemeenskappe geleë. Kinders van die gemeenskappe wat wees is, kwesbaar is en in risiko omstandighede woon, ontvang ook hulp.
Behoeftes
- Daar is tans drie kleuters in die huis wat baie agter in hul ontwikkeling is. Aangesien daar 12 kinders in die huis is, kry hul nie voldoende stimulasie in die sentrum nie en wil die sentrum hul graag in ‘n kleuterskool sit. Doorn Pri-Primêr sal een kind borg, maar vir die ander twee sal dit R580 vir albei per maand kos.
- Een van die kinders moet Amari-skool vir erg verstandelik gestremde kinders bywoon en dit kos die sentrum R880 per maand vir die verpligte versorging wat sy daar kry.
Kontakpersoon
Christa Maree
Sel: 082 449 0107
Tel: 057 352 9782
Faks: 057 352 9782
E-pos: christa@vironskinders.org.za
Die Jeugsorgsentrum huisves 12 kinders tussen die ouderdomme van drie en sewentien, wat verwyder is uit hul ouers se sorg soos voorgeskryf deur die kinderhof.
Die meerderheid van die kinders kom is getraumatiseer, wat bepaalde emosionele letsels tot gevolg gehad het.
Dienste
- Die sentrum voorsien in all die kinders se behoeftes ten einde gebalanseerde volwassenes te ontwikkel.
Behoeftes
- Daar word ‘n maandelikse-subsidie deur die staat aan die sentrum betaal wat ongeveer in 60 - 70% van die totale begroting aanspreek. Om die res van die begroting te laat klop is die sentrum afhanklik van die gemeenskap se ondersteuning.
Kontakpersoon
Wynand Smit
Sel: 082 459 6654
E-pos: wynand@w4.co.za
Die sentrum bied huisvesting aan 12 kinders wat wetsbestee is. Kinders van beide geslagte vanuit verskillende kultuur- en ouderdomsgroepe word geakkommodeer. Die vernaamste redes waarom die kinders uit hulle ouerhuise verwyder is, is mishandeling en/of molestering, gebrek aan bestaansmiddele, verwaarlosing en ander faktore wat hulle fisiese, psigiese of emosionele ontwikkeling benadeel het.
Dienste
- Daar word in die kinders se basiese behoeftes voorsien.
- Alle kinders wat skoolpligtig is woon die skool by. Die kinders word aangemoedig om hulle volle potensiaal te bereik.
- ‘n Maatskaplike werker lewer terapeutiese dienste en sorg dat elke kind sy/haar eie ontwikkelingsplan het.
- Alle kinders ontvang ook behandeling soos nodig – liggaamlik, sielkundig, psigologies en ander spesialisbehandeling.
- Die maatskaplike werker tref die nodige reëlings vir naweek en vakansieverlof by ouers of vriende. Vakansie-ouers word gewerf en gekeur vir die kinders wat nie vakansies by hulle ouers kan/mag deurbring nie.
- Christelike waardes en norme word gevestig.
- Dienste word ook aan kinders van die gemeenskap gebied.
Behoeftes
Dringende befondsing word benodig vir:
-
Opknap van die kinders se ontspanningskamer en die voorsiening van binnenshuise, sowel as buitenshuise ontspanningsfasiliteite.
- Salarisse
- Munisipale kostes
- Spesialisdienste soos sielkundige evaluering, arbeidsterapie, gespesialiseerde mediese dienste, ens.
- ‘n Kranige sportseun (provinsiale kleure in rugby, atletiek en krieket) benodig voortdurend fondse vir sporttoerusting en vervoer.
- Kunsklasse vir ‘n baie kunsige seun.
- Fondse vir voldoende kleding.
- Opknap of vervanging van kombuiskaste.
- Algemene onderhoud van die huis.
Kontakpersone
Jaap Steyn
Tel: 082 396 8555
E-pos: jaapsteyn@mtnloaded.co.za
Patsy Stafford
Tel: 071 181 2353
E-pos: patsystafford@vodamail.co.za
Vrystaat-versorging in Aksie, Frankfort, is ‘n NGO organisasie, wat alreeds vir 40 jaar dienste in die gemeenskap van Frankfort lewer.
Die organisasie se visie: ‘n Christelike gefundeerde, toonaangewende en goed geposisioneerde instansie met genoegsame kapasiteit en hulpbronne om die gemeenskap effektief te ontwikkel ten opsigte van armoedeverligting, kinder- en gesinsorg, vrouebemagtiging en bejaardesorg.
Dienste
Die organisasie se kernbesigheid is maatskaplike dienste:
-
Beskerming en beveiliging van kinders.
- Die opvoeding van die jeug.
- Opheffing en bemagtiging van gesinne.
Ander materiële noodlening sluit in:
- ‘n Sopkombuis wat bedryf word in Namahadi, Frankfort, waar daagliks ongeveer 120 individue (volwassenes en kinders) van ‘n warm ete voorsien word.
- Maandelikse kospakkies word aan ongeveer 25 tot 30 Afrikaans-sprekende gesinne verskaf.
Behoeftes
- Die gebou wat tans gebruik word as kombuis benodig dringende onderhoudswerk.
- Fondse vir die voortsetting van projekte.
Kontakpersoon
Rona Kritzinger
Tel: 058-8131431
Faks: 058-8131431 (vra vir fakslyn)
E-pos: ovvfft@internet-sa.co.za
Huis Vergesig is nie ‘n “ouetehuis” nie. Dit is die tuiste van ouer volwassenes wat versorging op verskillende vlakke benodig.
Die instansie is geleë aan die voet van Aasvoëlberg in Zastron. Dit word bedryf in ‘n klein, plattelandse gemeenskap waar finansies maar knyp, veral aan ouer mense se sakke. Alhoewel die oord na dertig bejaardes omsien, kwalifiseer slegs vier vir ‘n departementele subsidie.
Met die stygende lewenskoste kan die oord nie slegs met losies-inkomste al ons behoeftes bevredig nie.
Behoeftes
- Die breekware en messegoed moet vervang word.
- Die ander behoefte is linne. Inwoners kan nie almal hulle eie linne bekostig nie en die verswakte afdeling het veral ekstra stelle lakens, treklakens en handdoeke nodig, waar pasiënte bedversorging vereis.
Kontakpersoon
Ansie Marais
E-pos: vergesig@telkomsa.net
Kansa het van perseel verander met kostebesparing as doel. Die nuwe perseel het ongelukkig baie aandag nodig.
Behoeftes
- Befondsing vir plaveisel vir oprit en gruis vir die tuin.
Kontakpersoon
Suretha Cawood
Tel: 018 469 1889
Faks: 086 628 4653
E-pos: surethajvr@cansa.org.za
Web: www.cansa.org.za
Vrystaat-versorging in Aksie Zastron is ’n nie-winsgewende organisasie, wat ’n baie arm, landelike gemeenskap – waarvan ongeveer 30% werkloos is – dien. Die kantoor ontvang subsidie van die staat om statutêre dienste te lewer, maar is afhanklik van skenkings om maatskaplike noodlening te bied. Aangesien die voortbestaan van die skool en ouetehuis vir die gemeenskap prioriteit is, ontvang die kantoor minimale skenkings van die publiek.
Dienste
- Maatskaplike werk wat gerig word op die voorkoming van maatskaplike probleme, soos alkohol- en dwelmmisbruik en gesinsgeweld.
- Vroeë intervensiedienste word gelewer aan persone wat hulp benodig. Hulp in die vorm van terapeutiese en beradingsdienste word verleen.
- Statutêre dienste, waar probleme van so ’n ernstige aard is dat ingryping deur middel van die kinderhof genoodsaak is, word net as laaste uitweg gevolg. Daarvolgens kan kinders van hulle ouers verwyder word en in aanneming, pleegsorg of inrigtingsorg geplaas word.
- Die organisasie poog ook om die aan wie hulp verleen word te ontwikkel en bemagtig.
- Noodlening en armoedverligting is ’n prioriteit by die organisasie. Maatskaplike noodleniging word gebied in die vorm van kospakkies en die voorsiening van klere en komberse aan behoeftige persone.
Behoeftes
- Fondse vir die aankoop van kospakkies is reeds geruime tyd uitgeput.
Kontakpersoon
Marlene Gelderblom
Tel: 051 673 1078
Faks: 086 266 3549
E-pos: ovvzastron@xsinet.co.za
Die sentrum is in 2002 gestig as ‘n nie-winsgewende instansie en is verantwoordelik vir die versorging van 24 kinders in twee huise wat geregistreer is as jeugsorgsentrums (kinderhuise) in Sasolburg. Hierdie kinders is almal ingevolge die Wet op Kindersorg (74/83) sorgbehoewend bevind en in die sentrum se sorg geplaas.
Die sentrum het ‘n maandelikse tekort van R12 000 per huis.
Dienste
-
Voorsiening in die kinders se versorging- en ontwikkelingsbehoeftes.
-
Reël van uitstappies waar en wanneer moontlik.
-
Die skep van ‘n omgewing van liefde en deernis.
-
Terapie vir diegene wat dit benodig.
Behoeftes
-
Fondse vir die aankoop van somersklere vir die kinders.
Kontakpersoon
Ansie Venter
Tel: (016) 976-8202
Faks: 086 274 5089
E-pos: jeugsorg@telkomsa.net
Die kinderhuis bestaan uit agt wooneenhede, wat ongeveer 20 kinders in elke eenheid huisves. ‘n Kindersorgwerker is aangestel vir elke eenheid. Die wooneenhede is so gebou dat die versorgers binne-in die eenheid, in privaat eenhede, woon. Hulle is 24 uur per dag aan diens.
Dienste
- Residensiële versorgingsdienste
-
Terapeutiese programme
-
Ontwikkelingsprogramme
-
Individuele ontwikkelingsplanne
-
Tydelike veilige versorging
-
Beskerming teen mishandeling en verwaarlosing
-
Assessering van kinders
-
Herintegrasie tot gesinne
-
Toegang tot en voorsiening van gesondheidsorg
-
Toegang tot opleiding
Behoeftes
- Skryfbehoeftes
-
Skooluniforms
-
Voedsel
Kontakpersoon
Anita Kent
Tel: (018) 464-1888
E-pos: rethabile.kinderhuis@telkomsa.net
Silwerbron is ‘n Selfsorgsentrum en bied ‘n tuiste vir 41 inwoners wie nog byna almal vir hulle self kan sorg. Die meeste bejaardes is pensioenarisse. Slegs ‘n middagete word voorsien, die res moet hulself voorsien. Die behoeftes van die sentrum word befonds deur diensheffings, ledegeld, losies van inwoners en die hou van fondsinsamelingsprojekte.
Behoeftes
- As gevolg van hoë misdaadsyfer in die land, het die behoefte ontstaan vir die beveiliging van die sentrum. Gevolglik is daar ‘n behoefte aan fondse vir omheining en die oprigting van ‘n veiligheidshek.
Kontakpersoon
Marlene Jordaan
Tel: (057) 899 2603
Faks: 086 675 0550
E-pos: silwerbron@btbits.co.za
Die organisasie bestaan alreeds 100 jaar. Dit het vroeër bekendgestaan as Oranje Vroue Vereniging. Die Edenburg-tak is werksaam in die Edenburg-distrik. Die tak ontvang geen staatsubsidie nie en is slegs afhanklik van donasies en fondsinsamelings uit ‘n gemeenskap wat swaar gebuk gaan onder armoede, werkloosheid en waar baie pensioenarisse woon.
Behoeftes
-
Fondse om onderklere, sokkies, skoene en sweetpakke aan te koop vir ongeveer 300 laerskool-leerlinge van Edenhoogte Laerskool, wat almal uit baie arm huise kom en swaarkry onder ouers wat meestal werkloos is en drank misbruik.
-
Fondse om ‘n baie arm moeder en kind te help met tandheelkundige prosedures wat nie deur die staat betaal word nie.
Kontakpersoon
Maureen Bekker
Tel: (051) 743 1578
Faks: (051) 743 1139
Die VVA Ficksburg se hoofdoel is versorging, ontwikkeling en bemagtiging van alle mense in nood, insluitende die lewering van voorkoming-rehabilitasie en ontwikkelingsdienste.
Behoeftes
- Die instelling benodig skoolklere, kospakkies en daaglikse noodhulp.
- Die Goue Jare Klub van 40 lede wat weekliks bymekaar kom se “urn” het gebreek en ‘n nuwe een word benodig.
-
Tafeldoeke en gordyne moet vervang word.
Kontakpersoon
Anria van Niekerk
Tel: (051) 933 2307
Faks: (051) 933 2307
E-pos: ovvafxb@telkomsa.net
Huis Servaas is ‘n huis vir kwadrupleë wat al 27 jaar bestaan en is alom bekend in die Noordwes provinsie. Huis Servaas is geopen op 4 Augustus 1983 deur Minister SF Kotzé. Daar is tans 17 inwoners wat in hierdie sentrum gehuisves word.
Staatfondse is op hierdie stadium baie verminder en daarom is die instansie afhankilk van
fondsinsamelingsprojekte.
Behoeftes
-
Tuingereedskap: grassnyers, kantsnyers, kruiwaens, tuinslange, harke, spitvurke en grawe.
-
Enige kontantdonasies sal ook waardeer word.
Kontakpersoon
JHB Erasmus
Tel: (018) 468-8303
Faks: (018) 468-8303
E-pos: kwagga10@telkomsa.net
AMT Gemeenskapsontwikkeling is ‘n nie-winsgewende organisasie wat projekte in samewerking met die Departement van Onderwys en Departement van Gesondheid bestuur. Hierdie projekte behels oogtoetse en die verskaffing van voorskrifbrille ten einde laer- en hoërskoolstudente se visie te verbeter.
Dit is primêr gefokus op minderbevoorregde kinders wie se ouers of nie ‘n konsultasie by ‘n oogarts kan bekostig nie, of nie die nodige toegang tot behandeling het nie. Hierdie kinders met swak sig word dan toegerus met gratis brille of kontaklense.
Behoeftes
-
Die beraamde koste om oogtoetse by skole te doen beloop R4.5 miljoen vir 2013. Hierdie bedrag sal betaal vir ongeveer 50 000 kinders.
Kontakpersoon
Suzelta Viljoen
Sel: 082 921 3114
E-pos: sviljoen@amtcommunity.co.za
Web: www.amtcommunity.co.za
Huis Andalusia se doelstelling is die versorging van verswakte, minder-verswakte en selfversorgende bejaardes. Meeste van die bejaardes het 30 jaar gelede afgetree en het eenvoudig nie meer die fondse om die maandelikse losies te kan bekostig nie.
Dienste
-
Volle versorging van verswakte bejaardes.
-
Gedeeltelike versorging van minder-verswakte bejaardes.
-
Ondersteunende behuising aan selfversorgende bejaardes.
-
Gemeenskapsbetrokkenheid.
Behoeftes
-
Fondse vir die aankoop van voedsel. Die jaarlikse uitgawe verbonde aan voedsel beloop ongeveer R400 000.
- Fondse vir opknappingwerk, onderhoud aan die kamers, ‘n sekondêre waterbron (tenk) en strukturele verandering aan die washuis.
Kontakpersoon
S Viljoen
Tel: 053 456 0284
Faks: 053 456 0263
E-pos: huisa@lantic.net
Andries-Marié Oosthuizen Monumenttehuis is ‘n tehuis vir bejaardes, geleë in Parys, waar 60 bejaardes van veral die platteland van die Vrystaat en Noordwes provinsies versorg word.
Hul hoofdoel is die 24-uur per dag professionele versorging van bejaardes ten einde aan inwoners sekuriteit, hoop en goeie lewenskwaliteit te bied en hulle ‘n menswaardige bestaan te laat ervaar. 7 van die bejaardes ly aan Alzheimer’s of ander dementia en daar is 26 fisies verswakte bejaardes.
Behoefte
-
Toekenning van fondse vir daaglikse uitgawes.
-
Fondse vir die installering van rookverklikkers.
Kontakpersoon
Hannelie Fourie
Tel: 056 811 2185
Faks: 056 817 7525
E-pos: HannelieF@otmt.org
Die projek het ten doel om gestremdes se basiese regte soos oorlewing, sekuriteit, onderwys, sosialisering en aktualisering, wat afgetakel word in die proses waartydens hulle blootgestel word aan stigmatisering en sosiale isolasie, armoede, haweloosheid, siekte en wanvoeding.
Die projek poog om ‘n instelling vir gestremdes te wees wat selfvertroue gee aan dié wat dit benodig, wat ‘n verantwoordelike gemeenskap skep waar gestremdes nie verwerp word nie en om die bande tussen onderwys en gestremdheid te hervestig binne hul bedryfsarea.
Dienste
- Die werwing en opleiding van gestremdes.
-
Om geleenthede vir gestremdes te skep en hul te help om die geleenthede te benut.
Behoeftes
-
Hulle benodig fondse en boumateriaal om hul hoofgebou te voltooi.
-
Donasies van geld of kos.
-
Meubels soos matrasse, beddens, ‘n kantoorlessenaar, mikrogolf, yskas, stoof en stoele.
-
Speelgoed, DVD-speler en CD-speler.
Kontakpersoon
Maletshane Lekgari
Sel: 084 033 3085
E-pos: m.lekgari@ymail.com
Hierdie klas vir gestremde kinders is in die begin van 2012 in Hartswater, Noord-Kaap, gestig. Die naaste spesiale onderwys skool is 120 km weg in Kimberley geleë. Die klas is deur die Hammans vir hul dogter en ander gestremde kinders soos sy gestig. Hulle het die hulp van die plaaslike arbeidsterapeut en ‘n plaaslike onderwyser ingeroep.
Die hoofdoel van die skool is om studente te bemagtig om sodoende hul lewens meer onafhanklik te kan ly. Die plaaslike multi-dissiplinêre span (fisio-, spraak- en arbeidsterapeute, sielkundige en oogarts) voorsien gratis advies en leer onderwysers nuwe tegnieke om met gestremde kinders te werk.
Dienste
-
Onderwys aan gestremde kinders.
-
Opleiding van onderwysers.
-
‘n Ingryping-span wat kinders help met syfer- en taalgeletterdheid.
Behoeftes
- Fondse om salarisse en ander maandelikse koste te dek.
-
Fondse om ‘n speelarea te bou.
-
Therapeutiese toerusting soos rolstoele en loopringe.
Kontakpersoon
Wynand Kritzinger
Tel: 053 474 0251
E-pos: janinevanaswegen@yahoo.com
Groente sal geplant word om ‘n volhoubare voedselketting in die Sicelo informele nedersetting in Midvaal te bewerkstellig. Die volgende groentesoorte sal geplant word: boontjies, beet, kool, wortels, swiss chars, pampoene en spinasie.
Dienste
- Saailinge sal geplant word op tien 4m x 5m indelings en groenteplante sal gepland word op die vakante grond langs die De Deur-kantore in ‘n 100m x 100m area.
-
Groente vanuit die projek sal versprei word na 23 informele nedersettings in die Midvaal-omgewing.
Behoeftes
-
1x100 meter 40 mm klas 8 pyp
-
1500 meter 32 mm PVC pyp
-
15 PVC krane
-
30 PVC klampe
-
15 stoppers
-
800 meter flex 5mm pyp
-
3000 groenteplante vir fase een
Kontakpersoon
Jako Verster
Sel: 082 783 0057
E-pos: jakov@midvaal.gov.za
A verandering in wetgewing het gelei tot ‘n verskuiwing vanaf die opname van psigiatriese pasiënte na die ontslag van verstandelik gestremdes terug in die gemeenskap. Daar is egter tans onvoldoende ondersteuningstrukture in gemeenskappe in die land om ondersteuning aan verstandelik gestremdes te voorsien om ‘n suksesvolle integrasie in die gemeenskap te fasiliteer.
Die Reakgona Klub vir Gestremdes se missie is om toeganklike groepsaktiwiteite, gesondheidsinligting en multi-dissiplinêre ondersteuning aan mense met verstandelike en fisiese gestremdhede in Letsopa en Ottosdal te bied.
Dienste
- Voorsiening van gesondheidsinligting.
- Aanleer van sosiale vaardighede.
- Voorsiening van ‘n ondersteuningstelsel.
- Vaardigheidsontwikkeling.
Behoeftes
- Die klub het ‘n syskermdrukker as donasie ontvang om sodoende inkomste te genereer, maar hul moet die gebou aanpas om die masjien te akkommodeer. Verskeie boumateriale word benodig, sowel as tuingereedskap om om te sien na hul groentetuin.
Kontakpersoon
Aaron Siphika
Sel: 076 977 3453
Die Highveld Horse Care Unit is 'n nie-winsgewende organisasie en ook die enigste perde-/ponie-/donkie-reddingsentrum in die hele Suid-Afrika. Hulle het tans 96 diere wat gered is by die eenheid, met meer wat dikwels opdaag.
Behoeftes
- Hulle benodig dringend 'n baalvurk met 2.7m hyser, aangesien die trok wat hul geskenkde bale aflewer, nie deur die hek pas nie. Die eenheid se trekker, wat nie oor 'n baalvurk beskik nie, kan dus nie gebruik word nie. Daarom word hul gedwing om bale met houtpale van die trok af te rol en dan lang afstande rol tot waar die diere is. Die bale verloor baie massa in die proses en word deur klippe ens. gekontamineer.
Kontakpersoon
Janet Baker
E-pos: janet.baker@live.co.za