From Greens 2 Dreams

 
From Greens 2 Dreams is Senwes Village se sosiale verantwoordelikheid-projek, wat as voertuig dien vir die allokering van fondse aan welsynsorganisasies, wat tydens die jaarlikse Senwes Village Verskaffersgholfdag ingesamel word.
Hierdie projek sou nie moontlik gewees het sonder Senwes Village se verskaffers, wat jaarliks tot die projek bydrae, nie.

Die borge vir 2012 is as volg:

Registreer jou behoefte om in aanmerking te kom

Geregistreerde welsynsorganisasies kan hul behoeftes per e-pos aan web@senwes.co.za stuur om in aanmerking te kom vir 'n moontlike donasie.

Die volgende organisasies is reeds genomineer:

Daar word op die volgende instansies gefokus:

  • Versorging van gestremdes
  • Kindersorg en -beskerming
  • Versorging van bejaardes
  • Dierebeskerming
  • KANSA
  • Welsynsorganisasies

Die volgende inligting word benodig:

  • Naam van organisasie
  • Registrasienommer
  • Kontakpersoon
  • Kontakbesonderhede (tel, faks, e-pos)
  • In watter dorp die organisasie gesetel is
  • 'n Beskrywing van die aard van die organisasie in nie meer as 500 woorde.
  • 'n Kort verduideliking van wat die behoefte is en hoeveel fondse nodig is om die gehoefte aan te spreek (nie meer as 500 woorde nie).

Die behoeftes wat geregistreer word, sal op 'n maandelikse basis deur 'n Senwes Village paneel geevalueer word, waarna donasies aan die suksesvolle instansies gemaak sal word.

Nie alle behoeftes wat geregistreer word, sal noodwendig vir 'n donasie kwalifiseer nie en die Senwes Village paneel se beslissing is finaal.

Behoeftes hoef slegs een keer geregistreer te word en sal met elke evaluering oorweeg word. Daar sal egter elke maand nuwe behoeftes bykom en behoeftes wat nie kwalifiseer nie, sal wegval of nie geplaas word nie.

Die duur van die projek sal afhang van die fondse wat beskikbaar is en kan enige tyd tot 'n einde kom.

Alle organisasies wat hulle behoeftes lys, mag versoek word om deel te neem aan Senwes reklame-veldtogte

Suksesvolle organisasies sal maandeliks gekontak word en 'n persverklaring met foto's sal saamgestel word en aan die media gestuur word, om addisionele publisiteit vir die organisasies en die From Greens to Dreams-projek te gee.

Die donasies wat uitbetaal is, sal die daaropvolgende maand op die webblad bekend gemaak word.

Organisasies wat binne die Senwes Village bedieningsgebied val, sal voorkeur geniet.

Registreer vandag nog jou organisasie se behoefte!

Klik hier


Hier is wat sover gebeur het...
 

  • HHCU-perde baat by Village-projek

    Mei 09, 2013
    Die Highveld Horse Care Unit (HHCU) op Meyerton is die grootste perdewelsynsorganisasie in die Suidelike Halfrond. Verwaarloosde of mishandelde perde word ingeneem en gerehabiliteer, waarna daar dan na nuwe tuistes vir die diere gesoek word.
    Full story
  • R127 500 se skenkings help gemeenskappe

    Mar 07, 2013
    Die geraamde waarde van skenkings deur die Senwes Village se From Greens 2 Dreams-projek van Augustus 2012 tot op hede, beloop R127 500 in kontant en goedere.
    Full story
  • Skenkings maak verskil in Vrystaat

    Nov 14, 2012
    Skenkings van meer as R22 000 van Agrinet en Bosch is aan behoeftiges in die Vrystaat gemaak. Dié skenkings vorm deel van Senwes Village se From Greens 2 Dreams-projek.
    Full story
  • Welsynsorganisasies baat steeds by veldtog

    Nov 05, 2012
    Vanjaar se “From Greens 2 Dreams”-veldtog werk effens anders as verlede jaar. Die veldtog, Senwes Village se sosiale verantwoordelikheidsprojek, dien as basis vir die allokering van fondse aan verskeie welsynsorganisasies. Die genoemde fondse word tydens die jaarlikse Senwes Village Verskaffersgholfdag ingesamel.
    Full story
  • Vigswesies sal nie honger gaan slaap nie

    Okt 25, 2012
    Menige kinderhart by Viljoenskroon Hospice is op 23 Oktober verbly danksy ʼn skenking van ongeveer R15 000 se voedselitems deur Agrinet met behulp van Senwes Village se From Greens 2 Dreams-fonds.
    Full story
  • Gereedskapskenking vergemaklik die lewe vir gestremdes

    Okt 25, 2012
    Bosch het op 11 September deur middel van Senwes Village se From Greens 2 Dreams-fonds ʼn skenking van ongeveer R7 500 se kraggereedskap aan die Vrystaat Nasorgsentrum vir intellektueel-gestremde volwassenes in Bloemfontein, gemaak.
    Full story
  • Lugversorging verhoog lewensgehalte by KANSA Cloverdale Sorgsentrum

    Aug 03, 2012
    R17 000 is deur Senwes Village via hul From Greens to Dreams-projek aan die KANSA Cloverdale Sorgsentrum in Klerksdorp geskenk om lugversorging te installeer.
    Full story
  • Senwes maak hart oop vir kinders, bejaardes en gestremdes

    Jun 28, 2012
    ‘n Groep kinders, bejaardes en gestremdes se las is nou effens ligter danksy ‘n skenking van Senwes Village van R15 000 elk aan die SAVF Rethabile Kinderhuis in Klerksdorp en die SAVF Evanna Tehuis op Hartbeesfontein.
    Full story
  • Village vier tiende verskaffersgholfdag

    Des 23, 2011
    Senwes Village het vanjaar die R154 000-merk wat by verlede jaar se verskaffersgholfdag ingesamel is, verbygesteek. ’n Totaal van R210 000 is by vanjaar se gholfdag ingesamel.
    Full story
  • From Greens 2 Dreams - en die wenners is

    Mei 12, 2011
    Die Senwes Village From Greens 2 Dreams-veldtog het onlangs die nie-winsgewende welsynsorganisasies aangekondig wat finansieel by die veldtog gaan baat.
    Full story
  • Senwes se helpende hand

    Mar 09, 2011
    Plattelandse gemeenskappe lê Senwes na aan die hart. Dié agribesigheid beplan om in 2011 weer sy deel te doen vir liefdadigheid.
    Full story
  • Senwes gholfdag dra by tot liefdadigheid

    Nov 01, 2009
    Die Klerksdorp Opheffingsprojek (KLOPP) het onlangs ‘n R80 000-hupstoot ontvang, deur middel van ‘n Senwes Village gholfdag.
    Full story
  • Rondte gholf vir goeie doel

    Des 01, 2008
    Die jaarlikse Senwes Village-gholfdag het op 14 November op die Orkney Gholf-klub plaasgevind. R100 000 is ingesamel, wat aan KLOPP (Klerksdorp Opheffingsprojek) as deel van Senwes Village se verbintenis aan die behoeftige plaaslike gemeenskap.
    Full story
  • n Voeltjie vir welsyn

    Nov 01, 2005
    Die Senwes Handel Verskaffers Gholfdag is in November verlede jaar by die Orkney Gholfklub gehou. Dit was weereens ‘n baie suksesvolle dag – en boonop baie genotvol!
    Full story


Facebook   Twitter   YouTube  



 




SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | info@senwes.co.za

Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402

Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za