Dit is ‘n elektroniese nuusbrief wat inligting weergee oor aktuele bedryfsake in Senwes en die landbou-omgewing.
Altesaam vyf gelukkige produsente is op 9 Mei vanjaar meegedeel dat hulle finaliste in Senwes se jaarlikse R1 miljoen-kompetisie is.
Die Mededingingstribunaal het in April die samesmelting van die agri-kleinhandelsbesighede van dié twee landboudienstemaatskappye en Partrite, die Afgri-groothandelsfiliaal, goedgekeur, onderhewig aan sekere voorwaardes.
Die jongboerverenigings van Agri Noordwes en Vrystaat Landbou het albei 2013 se topjongboere in April aangekondig. Senwes het weer eens vanjaar as hoofborg van albei konferensies opgetree.
Senwes-aandele het vanaf 1 tot 30 April verhandel op vlakke tussen R10,10 en R10,40, met 'n gemiddelde prys van R10,23 per aandeel wat gerealiseer het.
Die Highveld Horse Care Unit (HHCU) op Meyerton is die grootste perdewelsynsorganisasie in die Suidelike Halfrond. Verwaarloosde of mishandelde perde word ingeneem en gerehabiliteer, waarna daar dan na nuwe tuistes vir die diere gesoek word.
Die Senwes Spinners-ontwikkelingskriekettoernooi is op 4 Mei vanjaar beslis, met Laerskool Manana (Lichtenburg) wat as wenner uit die stryd getree het.
Senwes Scenario se kraakvars fotokompetisie vir die April-uitgawe sluit op 13 Mei. Moet dus nie langer wag nie; stuur vandag nog jou foto's in.
eScenario is 'n elektroniese nuusbrief wat tweemaandeliks per e-pos versprei word en is ook beskikbaar op die Senwes webtuiste.
JanDirk Engelbrecht (018) 464-7604 / JanDirk.Engelbrecht@senwes.co.za
Johan Smit (018) 468-2716 / 082 553 7806 / johan@infoworks.biz
Ansoné Venter (018) 468-2716 / 072 602 7743 /ansone@infoworks.biz