Article information
Author
Senwes
Source
 
Classification
Sosiale verantwoordelikheid
Views
1131 
Article Tags

Ontwikkelende landbou Sosiale verantwoordelikheid

Ontwikkelende produsente pluk die vrugte
Senwes  | 05 Junie 2012

Kandidate het op 17 Mei 2012 by die Senwes Lapa by Hoofkantoor bymekaar gekom vir die sertifikaat- oorhandingseremonie van die Boer-ontwikkelingsprogram 2011.



 BathoPele Konsultante het as ontwikkelingsvennoot saamgespan met Senwes en AgriSETA om die Suid-Afrikaanse landboubedryf se behoefte aan volhoubare boerdery aan te spreek. Die doel van die Boer-ontwikkelingsprogram is om ontwikkelende produsente met die nodige vaardighede te bemagtig om hulle te help om hul landbou-besighede suksesvol te bestuur.

Die formaat van die program sluit teoretiese opleiding in, gevolg deur praktiese integrasie. Die volgende modules is aangebied: boerdery-besigheidsbestuur, finansiële bestuur en administrasie, personeelbestuur, bestuursbeginsels en effektiewe aanwending van elektrisiteit, sowel as mense- en prosesvaardighede.

Sipho Lowane (Landboudienste, HK) was die programdirekteur en is ondersteun deur Johan du Toit (Bestuurder: Landboudienste).

Kontak vir Sipho by sipho.lowane@senwes.co.za of (018) 464-7378 vir meer inligting.



  



You must be a logged in MySenwes user to leave a comment.

Log in Register




  

Related Articles


HHCU-perde baat by Village-projek
151 view(s) | Senwes | 09 Mei 2013 10:22 AM

R127 500 se skenkings help gemeenskappe
503 view(s) | Senwes | 07 Maart 2013 01:37 PM

Heilbron-leerder kraai koning in entrepreneurskompetisie
473 view(s) | Senwes | 05 Februarie 2013 10:15 AM

Jong entrepreneurs se innovasie beindruk
1391 view(s) | Senwes | 28 November 2012 09:31 AM

Skenkings maak verskil in Vrystaat
1174 view(s) | Senwes | 14 November 2012 08:25 AM



Facebook   Twitter   YouTube  



 




SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | info@senwes.co.za

Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402

Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za