Bunge en Senwes het aangedui dat hulle baie ingenome is met dié uitkoms en het ook aangedui dat die transaksie geïmplementeer word vanaf 1 Oktober 2011.
Die groen lig is deur die Mededingingskommissie gegee na ‘n aankondiging op 1 April 2011 deur Bunge Europe Middle East Africa, die operasionele arm van Bunge Limited (NYSE: BG), ‘n toonaangewende internasionale agri-besigheid en voedselmaatskappy, en Senwes Beperk, ‘n Suid-Afrikaanse agri-besigheidsmaatskappy, dat ‘n ooreenkoms vir ‘n gesamentlike onderneming gesluit is vir die verkryging en bemarking van graan en oliesade in Suid-Afrika en ander Afrikalande.