Die nuwe grense van die bek-en-klouseer beheergebied is onlangs in die Staatskoerant gepubliseer. Dié nuwe grense is onder die Dieregesondheidswet 35 van 1984 afgekondig en vergroot die bestaande beheergebied in KwaZulu-Natal en Limpopo.
Lees Meer
Volgens Johan van den Berg, ʼn onafhanklike landbouweerkundige, is dit tans onseker of die reën wat vir volgende week voorspel word, wel gaan realiseer.
Lees Meer
Op die kort termyn het reënvaltoestande verswak vir veral die eerste tot middelste deel van Meimaand, aldus Johan van den Berg, ʼn onafhanklike landbouweerkundige. Dit volg nadat aanvanklike voorspellings redelike hoeveelhede reën en bewolkte toestande getoon het.
Lees Meer
Een uit elke vyf produsente tussen die ouderdom van 30 en 45 jaar beoog om binne die volgende tien jaar hul boerdery te verlaat en uit die bedryf te tree.
Lees Meer
Terwyl die prys van petrol in Meimaand effens daal, moet verbruikers hul staal teen die jongste prysverhoging van diesel, paraffien en gas.
Lees Meer
Belanghebbendes in die rooivleisbedryf het tot en met 6 Mei die geleentheid om kommentaar te lewer op voorstelle vir ʼn nuwe statutêre heffing vir die bedryf.
Lees Meer
“Dit is voorwaar die beurt van die jonger geslag boere om nie net hul passie vir landbou te deel nie, maar ook te wys hoe voortreflik hul dié roeping kan uitvoer. As ek om my rondkyk dan raak ek opgewonde oor die toekoms.”
Lees Meer
Veeartse lewer belangrike bydraes tot die gesondheid van diere, mense en die omgewing, en Wêreld Veeartsenydag op 30 April is die perfekte tyd om hul rol in ons gemeenskappe en die wêreld as geheel te vier.
Lees Meer
Dit blyk dat bek-en-klouseer in hierdie stadium tot slegs tien plase beperk is, en dat dit nie die afgelope tyd verder versprei het nie.
Lees Meer
Aandeelhouers van Senwes Beperk word hiermee in kennis gestel dat daar ‘n redelike mate van sekerheid bestaan dat die genormaliseerde wesensverdienste vir die 12 maande geëindig 30 April 2022 wesenlik hoër sal wees en word voorsien dat dit ongeveer 55% (vyf en vyftig persent) hoër sal wees as die van die vorige vergelykbare periode.
Lees Meer