Voëlgriep-paniek regdeur Europa

  • 18 Januarie 2021
  • 199
  •  senwes
  •  
  •  nuus



Nuwe gevalle van die hoogs aansteeklike H5N8- en H5N1-virusse is ook aangeteken en pluimveeprodusente word gedwing om hul voëls van kant te maak ten einde die verspreiding van die siekte te help voorkom. Lande wat hierdeur beïnvloed word, sluit in: Nederland, Duitsland, Frankryk, België, die Verenigde Koninkryk, Denemarke, Swede, Pole, Kroasië en die Oekraïne.

Volgens die Nederlandse minister van landbou, Carola Schouten, moet die geaffekteerde lande twee hoofkwessies hanteer, naamlik: die bekamping van die siekte en uitvoerbeperkings. Sy voorspel dat die uitbraak in Nederland groot gevolge gaan inhou vir die uitvoer van pluimvee en -produkte na lande buite die Europese Unie (EU) omdat al hoe meer streke beïnvloed word en dit moeilik word om uitvoere toe te laat. Terselfdertyd wil lande wat voorheen tevrede was met ʼn gesondheidsertifikaat, nou geen Nederlandse produkte aanvaar nie.

Afgesien van die opsporing van virusse op plase deur middel van waarnemingsprogramme, word voëlgriep ook by wilde voëls aangetref. Die H5N8-virusstring kom algemeen onder wilde voëls voor, terwyl die meer gevaarlike H5N1-virus ook sy verskyning kan maak. ʼn Databasis van die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid toon gevolglik ook ʼn toename in geïnfekteerde voëls regoor Europa.






Verwante Artikels