Verkoopsyfers van landboumasjinerie spreek van optimisme

  • 09 Oktober 2020
  • 503
  •  senwes
  •  
  •  senwes-equipment



Wandile Sihlobo, hoof-ekonoom van die Landbousakekamer, Agbiz, sê dat trekkerverkope gedurende September met 23% op ʼn jaargrondslag verbeter het, met 529 eenhede wat verkoop is. Hy sê voorts dat die verwagte verkope vir 2020 beter sal wees as wat aanvanklik geskat is, en dat dit die 2019 verkoopsyfers sal oorskry.

Die goeie verkoopsyfers dui volgens Wandile ook op optimisme ten opsigte van die 2020-’21 somergewasseisoen. Die hoër kommoditeitspryse en verwagte gunstige weersomstandighede dra by tot hierdie optimisme.

Vir meer inligting oor die nuutste meganisasie-moontlikhede vanuit die Senwes Groep, besoek gerus Senwes Equipment se webblad by www.senwes.co.za/produkte-dienste/toerusting-implemente.

 Senwes Equipment is ʼn gerekende landboutoerusting- en -dienstevennoot en bied aan produsente dinamiese meganisasie- en instandhoudingsoplossings vanuit takke en meganisasiewerkswinkels regoor Suid-Afrika.





Verwante Artikels