Staalmeester jou toerustingsvennoot in sentraal SA

  • 01 Desember 2020
  • 463
  •  senwes
  •  
  •  nuus



Die dryfveer agter die onderneming, wat in Hartbeesfontein in Noordwes geleë is, was mnr. Lourens Coetzee, wat later deur sy seun, mnr. Martin Coetzee oorgeneem is. In Oktober 2018 het Senwes en Staalmeester kragte saamgesnoer as ʼn gesamentlike onderneming ten einde ʼn groter demografiese voetspoor te bewerkstellig. Besigheid word onder die Senwes Equipment-vaandel bedryf.

Nederige ontstaan

Die maaskappy het egter ʼn nederinge ontstaan gehad, met Lourens – wat ʼn onderwyser was, wat sy passie vir handewerk gekombineer het met sy begeerte om plaaslike produsente in die gebiede rondom Hartbeesfontein te help. In sy spaartyd het hy die eerste mobiele boondopper ooit in Suid-Afrika gebou, wat hom op pad geplaas het wat uiteindelik tot sy bedanking uit die onderwys gelei het om toerusting op ʼn heeltydse basis te bou.

Die maatskappy het met ʼn beperkte reeks begin en geleidelik oor tyd gegroei.

Martin het in sy pa se voetspore gevolg en het ondersoek begin instel na invoer- en uitvoergeleenthede. In 2000 het hy ʼn behoefte geïdentifiseer vir toerusting wat nie in die Suid-Afrikaanse mark beskikbaar was nie en het begin om kuilvoerkerwers uit Brasilië in te voer.

Produkaanbod

Staalmeester voer produkte uit 11 lande na Suid-Afrika in en voer uit na agt Afrika-lande deur middel van agente. As ʼn markleier spog Staalmeester met ʼn produkaanbod van meer as 108 produkte.

Die Staalmeester-span word aangedryf deur ʼn passie om op ʼn kostedoeltreffende wyse in die produsent se behoeftes te voorsien en sodoende produktiwiteit te verhoog. Verder streef die groep daarna om die beste diens in die landboutoerustingsektor te lewer.

Toekomsblik

Goeie nuus is dat Staalmeester binnekort ʼn paar nuwe produkte bekend gaan stel, terwyl daar ook groot uitbreidings in terme van depots in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap beplan word.

Besoek www.staalmeester.co.za vir meer inligitng.





Verwante Artikels