Sonkrag PV vir Hennenman silo

  • 12 Junie 2017
  • 1541
  •  Senwes
  •  
  •  senwes-grainlink



1 120 sonpanele met 'n kapasiteit van 358kWp is geïnstalleer. Die totale geprojekteerde sonkragverbruik is 472 460 kWh per jaar, wat 62% van die totale elektrisiteitsverbruik van Hennenman silo verteenwoordig. Dit sal 'n aansienlike kostebesparing bewerkstellig. 
 
Francois Strydom, Groep Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes, sê: “In lyn met ons volhoubaarheidsdoelwitte en, onder andere, ons bydrae tot die vermindering van die koolstofvoetspoor, sal die Sonkrag PV 'n besparing van ongeveer 1kg CO2/kWh meebring. Die geprojekteerde koolstofbesparing sal 472,5 ton CO2 per jaar beloop.
 
Dié projek het in Januarie vanjaar afgeskop en is in April voltooi, toe dit by die bestaande elektrisiteitstelsel geïntegreer is. Silbestuurder, Nico Els, monitor die Sonpaneel PV met 'n spesiale toepassing, Sunny Portal, waarmee die totale kWh wat per uur geproduseer word, in 'n oogwink gesien kan word. Hy is baie opgewonde oor die resultate tot dusver - die stelsel het onlangs 1600kWh en 281kWp aangedui, 10% bo die geprojekteerde maksimum aanvraag van 266kWp.
 
In 'n poging om effektiewe dienste aan sy klante te lewer, beskou Senwes dit as toepaslik om in tegnologie en alternatiewe energie te belê. Dit is 'n loodsprojek wat uitgevoer word deur Motla Raadgewende Ingenieurs in opdrag van Senwes. Volgens Strydom sal die installering van Sonpaneel PV-stelsels by ander silo's binnekort gedoen word.





Verwante Artikels