Senwes sê dankie | Wenakkerbraai

  • 11 Julie 2018
  • 972
  •  Senwes
  •  
  •  nuus




Senwes Groep HUB, Francois Strydom sê: “As landbouer is u krities belangrik vir Suid-Afrika se voedselsekerheid en stabiliteit op die platteland. Om hierdie rede bly Senwes se strategie eenvoudig: om u as klant op ‘n volhoubare basis te ondersteun, sodat u besigheid kan vooruitgaan. Senwes onderneem om altyd te strewe na oplossing gedrewe besigheid sodat u besigheid maksimum voordeel kan trek en internasionaal kompeterend sal bly. Ek wil jou graag bedank vir jou vennootskap, volgehoue besigheid en ondersteuning aan die Senwes groep. Weereens baie dankie vir jou ondersteuning en bydrae tot voedselsekerheid, dit word opreg waardeer. Bedank asseblief ook al jou werknemers vir hulle bydrae tot die vooruitgang van Senwes, maar ook ons Land deur hulle insette.”

KYK NA AL DIE FOTO'S  |  





Verwante Artikels