Senwes personeel maak 'n verskil op Mandeladag

  • 19 Julie 2018
  • 1220
  •  Senwes
  •  
  •  nuus




Senwes Credit het glimlagte en opgewondenheid by die kinders van die kanker eenheid van beide die Wilmed Park en Ancron hospitale in Klerksdorp bewerkstelling deur Teddy-beertjies, geskenkpakkies en kolwyntjies uit te deel. Die Menslike Hulpbronne, Interne Oudit en Korporatiewe Bemarking afdelings het weer sokker en krieket saam met die kinders van Atamalang Kinderhuis vir Seuns gespeel. Die seuns het ook elk ‘n geskenkpak met toiletware gekry en daar is boerewors gebraai.
 
Senwes Korporatiewe Finansies het hul 67-minute van onbaatsugtige diens by die Matlosana Dierehawe in Stilfontein spandeer waar hulle hondekos, ontwurmingsmedisyne, hondesjampoe en komberse vir die diere geskenk het. Senwes Grainlink, IT en die Regsafdeling het kragte saamgespan om die ouer gades by Klerksdorp Tehuis vir Bejaardes se dag bietjie op te kikker. Die bejaardes was bederf met ‘n middag koek-en-tee en die personeel het bordspeletjies saamgeneem waarmee hulle die inwoners vermaak het.
 
Senwes se Sentrale Administrasie afdeling het ‘n spesiale verrassing vir die personeel van Batho Botle Bakopano, Senwes se skoonmaakdienste verskaffer, gehad waar dié personeel met geskenkpakke, warm winterskomberse en mussies om die koue te trotseer, bederf is.
 
Die atmosfeer van al die aktiwiteite het getuig van opregte dankbaarheid en onbaatsugtigheid wat die hartsnare sommer vroeg-vroeg al geroer het. Senwes bedank dan ook die personeel vir die wyse waarop hul die maatskappy se waardes in die omgewings waarin besigheid gedoen word, uitleef.





Verwante Artikels