Senwes nou alleenbeheer oor Hinterland

  • 23 September 2020
  • 641
  •  senwes
  •  
  •  nuus



Volgens dié besluit, wat die gelyke vennootskap beëindig, het Senwes nou die alleenbeheer oor Hinterland. Na die ontbondeling kry Afgri die bates en ondernemings terug wat hy aanvanklik tot die gesamentlike onderneming bygedra het.

Hinterland is sewe jaar terug gevorm na die samevoeging van Senwes en Afgri se handelswinkels. Dié kleinhandelonderneming het 58 takke in ses provinsies en verkoop ysterware en produkte soos besproeiingstoerusting, selfdoenprodukte, dieregesondheidsprodukte, veevoer en brandstof.

Volgens Francois Strydom, Groep Hoof Uitvoerende Beampte, sal die herbelyning van dié kleinhandelsbesigheid tot ʼn meer gefokusde diensaanbod lei. “Hierdie is ʼn gulde geleentheid vir ons om te verseker dat ons nommerpas oplossings tot die mark voeg,” sê Francois. Op sy beurt meen  Jacob de Villiers, Hoof Besturende Beampte van Afgri, dat die onderskeie agri-besighede nou die geleentheid het om op hul individuele sterkpunte te fokus.

Die implementeringsdatum vir die ontbondeling is 1 Oktober 2020.





Verwante Artikels