Senwes Groep stel Loopbaanportaal bekend

  • 10 April 2017
  • 1181
  •  Senwes
  •  
  •  group-careers



Hierdie aanlyn loopbaanportaal bied gebruikers die geleentheid om hul CV op die Senwes groep se databasis te laai en voortdurend hul aanlyn-profiel uit te brei.
 
Diegene wat belangstel om by die Senwes groep aan te sluit maar nie noodwendig dadelik ‘n geleentheid wat vir hul geskik is sien nie, kan deur middel van kennisgewings op hoogte bly van nuwe loopbaangeleenthede in die groep. Alternatiewelik kan gebruikers ook poste op hul wenslys plaas vir ons toekomstige gebruik.
 
Op die portaal kan gebruikers ‘n oorsig van die maatskappy en korporatiewe kultuur binne die maatskappy asook meer inligting rondom die program vir gegradueerdes kry wat by ons hoofkantoor in Klerksdorp gehuisves word.
 
Wanneer jou CV op die stelsel is, is dit maklik om met ‘n paar klieks aansoek te doen vir ‘n pos. Maak seker jy mis nooit weer daardie perfekte werksgeleentheid nie! Registreer nou, stuur jou CV in en word deel van ons aanlyn-loopbaanwereld!
 
 





Verwante Artikels