Senwes en SGS NviroCrop werk saam

  • 08 Junie 2018
  • 1966
  •  Senwes
  •  
  •  press-release




SGS is'n wêreldklas inspeksie-, verifikasie-, toets en sertifiseringsmaatskappy in terme van grond- en landbouanalise, met 'n 70-jaar lange rekord van betrokkenheid in die landbouhandelsektor.

Senwes Groep HUB,Francois Strydom sê dat die samewerking deel vorm van die maatskappy se deurlopende soeke na innoverende oplossings. “Hierdie inisiatief, wat effektief op 1 Junie 2018 in werking tree, sal Senwes in staat stel om die beste advies en oplossings met betrekking tot onafhanklike landbouadviesdienste aan sy kliënte te bied."

Cobus Burger, Besigheidsbestuurder: SGS - Presisieboerderydienste het die volgende bygevoeg: “Ons is opgewonde daaroor om in vennootskap te gaan met een van die land se vooraanstaande landboubesighede, wat potensieel tot verhoogde volhoubaarheid in oesproduksie aanleiding kan gee. Senwes het nuwe grond gebreek op verskeie tegnologiese landbougebiede en dit maak goeie besigheidsin om ons kundigheid tot 'n maatskappy met 'n suksesvolle en lang rekord met betrekking tot die ondersteuning van die produksie van graankommoditeite te voeg. 

Senwes kliënte sal nou maklik toegang kan verkry tot wêreldklas kundigheid en diens ten opsigte van:
  • Oesinspeksies, aanbevelings met betrekking tot blaarvoeding, grondprofielinspeksies;
  • Interpretasie van analitiese resultate, bestuur van grondvrugbaarheid en bemestingsaanbevelings;
  • Veranderlike bemestings- en plantdigtheidskaarte, voorberei volgens voorafopgestelde grond- en opbrengsdoelwitte;
  • Voedingsindekssatelliet-hommeltuigbeelde wat ruimte skep vir die skep van voedingsindekskaarte; en 
  • Visuele voorstelling van grondtipe en/of grondchemiese kaart vir statistiese ontleding.

Senwes sal op sy beurt weer die kliënt in staat stel om toegang te verkry tot en gebruik te maak van:
  • 'n Presisieportaal - 'n webgebaseerde dataplatform wat toegang verleen tot alle inligting op die plaas; virtuele konsultasie en 'n produksiekalender, terwyl die “Track me”-funksie die Senwes kliënt in staat sal stel om data na te speur en navraag daaroor te doen per geografiese verwysingspunt;
  • Grondklassifikasie en risikobestuur;
  • Grond-, blaar- en wateranalise;
  • Evaluering met betrekking tot die ekonomiese lewensvatbaarheid van landbougrond;
  • Natuurlik gekoppel met toepaslike krediet- en ander oplossings soos benodig deur die kliënt.

Vir meer inligting of versoeke om onderhoude, kontak asseblief vir Pieter Swart, Senwes Uitvoerende Bestuurder, Credit by pieter.swart@senwes.co.za of tel: 018 464 7532 of Martin van Zyl, Groep Uitvoerende Bestuurder, Innovasie en Geïntegreerde Oplossings by martin.vanzyl@senwes.co.za of 018 464 7776.

Vir meer inligting of versoeke om onderhoude, kontak asseblief vir Ian Bothma, SGS NviroCrop Streeksbestuurder by ian.bothma@sgs.com of sel nr: 0829044110.






Verwante Artikels