Senwes en Bayer vat hande vir KZN-noodleniging

  • 30 Mei 2022
  • 471
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



So meen Francois Strydom, Senwes Groep hoof uitvoerende beampte, in die lig van ‘n onlangse samewerkingsooreenkoms tussen die groep en Bayer Suid-Afrika. Dié ooreenkoms maak dit vir die twee instellings moontlik om noodleniging aan die vloedgeteisterde KwaZulu-Natal te bied.

Danksy ʼn ruimhartige skenking van 35,2 ton witmielies vanaf Bayer Suid-Afrika kan Senwes, by wyse van die AVC Relief Umbrella-projek, ongeveer 6 800 sakkies papmeel (in 5kg verpakkings) aan kwesbare gemeenskappe in KwaZulu-Natal skenk.

Die skenking sal deur die nie-winsgewende organisasie, We are South Africans, na die provinsie vervoer en versprei word. Senwes en Bayer Suid-Afrika neem dan ook met trots deel aan die organisasie se GP2KZN-veldtog.

Volgens Hendrik van Staaden van Bayer SA, is dit vir Bayer ʼn voorreg om saam met Graan SA en Senwes hierdie hulpleniging aan te pak. Die impak op die basiese behoeftes van mense wat alles verloor het in vloedgeteisterde gebiede is tragies. “Die kans om te help was daar en ons was in die posisie om daardie hulp te kon gee”.

Meer oor die AVC Relief Umbrella-projek

Hulpverlening by Senwes vind plaas onder die vaandel van die AVC Relief Umbrella-projek, en volgens Strydom, het dié projek dit ten doel om mense met hulp én hoop by te staan. “Om ʼn verskil in mense se lewens te maak, is die hoogste eer,” sê Strydom en verduidelik dat die groep ʼn klantgerigte besigheidsfilosofie lééf.

Die projek, wat in Mei 2020 geloods is, is juis so ontwerp dat dit noodleniging aan kwesbare gemeenskappe op verskillende vlakke kan fasiliteer. Die projek berus op vyf pilare, naamlik: brandhulp, droogtehulp, humanitêre hulp, Senwes spesifieke inisiatiewe asook vloedhulp.

Volgens Strydom is dié projek ʼn versinnebeelding van samewerking in aksie en is dit ʼn voorbeeld van wat gedoen kan word as vennote hande vat. Danksy die betrokkenheid van ander agri-besighede en rolspelers in die landbouwaardeketting kry die projek dit reg om met elke ton witmielies wat geskenk word aan meer as 1 450 mense se daaglikse voedselbehoefte voorsien. Op hierdie manier is daar al 33 536 sakkies 5kg mieliemeel aan ouetehuise, voedselskemas en plaasskole uitgedeel.

Vir meer inligting skakel vir Mariette Hugo, AVC Relief Umbrella projekbestuurder, op 018 464 7505 of besoek www.senwes.co.za/ 






Verwante Artikels