NAMPO Oesdag finaal van die baan vir 2021

  • 19 Julie 2021
  • 481
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dit volg nadat dié landbouskou vroeër vanjaar na 17 tot 20 Augustus herskeduleer is.

Na die aanvanklike uitstel vroeër vanjaar, sou die regeringsbeleid en -riglyne dit toelaat, het die koms van die derde COVID-19-golf en die gepaardgaande wysigings aan die inperkingsvlakke onder die Nasionale Rampstaat, die organisasie met geen alternatief gelos nie. Met meer as 750 uitstallers wat aan hierdie landbouskou deelneem, is die visier nou op 2022 gestel.

Volgens ʼn persverklaring wat in die verband uitgereik is, verseker Graan SA sy belangegroepe egter daarvan dat hy steeds verbind is om ʼn gediversifiseerde landbouhandel-tentoonstelling aan te bied ten bate van sy vennote, die plaaslike gemeenskap, die landbousektor en die breër publiek.

Die beplande datum vir die 2022 weergawe van dié landbouskou is 17 tot 20 Mei 2022 op NAMPO Park, net buite Bothaville in die Vrystaat.

Uitstallers-administrasie

Uitstallers wat reeds vir die 2021 NAMPO Oesdag betaal het, het die volgende opsies (wat teen 30 Julie 2021 uitgeoefen moet word):

  • Reeds betaalde gelde bly in Graan SA se rekening en word vir die uitstaller se standplaas vir NAMPO 2022 (Mei 2022) aangewend, plus 50% van die jaarlikse persentasie verhoging in uitstal koste vir NAMPO 2022 (wat later bepaal sal word), waarvoor u dan eers in Januarie 2022 gefaktureer word.
  • Betaalde gelde kan ten volle aan die uitstaller terugbetaal word, waarna die uitstaller vir NAMPO 2022 ten volle moet betaal, plus die volle jaarlikse persentasie verhoging (wat later bepaal sal word) in uitstal kostes vir NAMPO 2022.

Die standaard beginsel van “reg op eerste weiering” sal steeds van toepassing wees op uitstallers wat die jaar vir die 2021 NAMPO Oesdag betaal het.

 Enige navrae rakende die NAMPO 2021-gelde moet aan Rialeen Lombard by die NAMPO Kantoor gerig word: E-pos: rialeen@grainsa.co.za





Verwante Artikels