MooLoo help om kweekhuisgasse te beperk

  • 23 September 2021
  • 363
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Die MooLoo-konsep verwys na ʼn spesiale hokkie, of toilet, wat gebruik word om die diere se urine, wat in stikstofoksied verander as dit met grond in aanraking kom, te versamel en te behandel.

Dit word gereken dat ongeveer 10% van alle kweekhuisgasse van beeste afkomstig is en beeste ongeveer 30 liter urine per dag uitskei.

 Só gaan navorsers te werk

Navorsers het in ʼn laboratorium in Dummerstorf, Duitsland, gepoog om 16 beeste te leer hoe om die hokkie, of MooLoo, te gebruik.

Die diere is in die hokkie geplaas en is beloon met kos wanneer hulle geürineer het. Hulle is daarna in ʼn gebied langs die MooLoo geplaas en ook beloon wanneer hulle in die hokkie gaan urineer het. As die diere langs die hokkie geürineer het, is hulle vir drie sekondes met water bespuit as ʼn straf.

Hierdie proses van beloning en straf is oor ʼn tydperk herhaal, en groot was die navorsers se verbasing toe 11 van die beeste na slegs 10 opleidingsessies (15 dae) die gewoonte aangeleer het om die MooLoo te gebruik.

Volgens Lindsay Matthews, ʼn dieregedragspesialis by Nieu-Seeland se Auckland Universiteit, is ʼn soortgelyke proses gebruik as wanneer jong kindertjies geleer word om ʼn potjie te gebruik.

Jan Langbein, mede-ouditeur van die studie en dieresielkundige, sê daar is ʼn algemene opvatting dat beeste nie in staat is om urinering of ontlasting te beheer nie. Hierdie opvatting is egter deur die studie weerlê. “Beeste net soos baie ander diere of plaasdiere, is egter baie slim en hulle kan gedrag baie vinnig aanleer,” verduidelik Langbein.

Die bevindinge van die studie is in die journaal, Current Biology, gepubliseer








Verwante Artikels