Kynoch Kunsmis - reeds 100 jaar in Suid-Afrika!

  • 03 April 2018
  • 1694
  •  Sponsored
  •  
  •  promosie



Kynoch, voorste verskaffer van plantvoedingsoplossings, het op 23 Maart 2018, hulle 100ste bestaansjaar in Suid-Afrika gevier. ’n Kort video waarin Kynoch se ryk erfenis en toekomsvisie met die gaste gedeel is, was een van die hoogtepunte van die aand se verrigtinge. 

Sê Niren Murugan (Streekshoof Suid-Afrika): “Ons almal by Kynoch en ETG voel trots en dankbaar om hierdie eeufeesvieringe van Kynoch as ’n kunsmisvervaardiger en -verskaffer te vier. Kynoch is een van die bekendste en gerespekteerde handelsmerke in die Suid-Afrikaanse landbousektor. Ons vier ons ryk erfenis en sien met groot verwagting uit na die volgende 100 jaar. Kynoch sal voortgaan om innoverende produkte en dienste aan ons landboukliënte te lewer.” 

100 jaar: Kynoch vier ’n ryk erfenis 

Die Kynoch-handelsmerk, vernoem na sy stigter, George Kynoch, is reeds die afgelope 100 jaar deel van die landbou in Suider-Afrika. Die oorspronklike maatskappy, vandag bekend as Kynoch Kunsmis, het sy ontstaan gehad in Birmingham, Engeland en was aanvanklik ’n ammunisie- en plofstofvervaardiger. In die vroeë 1900’s, is grond van die Natalse regering gekoop om ’n aanleg by Umbogintwini buite Durban te bou om plofstof vir die mynbedryf aan die Witwatersrand te vervaardig. Na afloop van die Eerste Wêreldoorlog in 1918, was daar ’n ooraanbod van plofstof, derhalwe het Kynoch sy fokus verskuif en sy plofstofaanleg aangepas en verander om superfosfaatkunsmis by Umbogintwini – die land se eerste chemiese kunsmisaanleg – te vervaardig.

 In 2014, het die Export Trading Group (ETG), ’n multinasionale, landboukommoditeitsmaatskappy in Afrika, die Midde-Ooste en Asië, 100%-aandeelhouding in Kynoch verkry. 

Dit het tot gevolg gehad dat Kynoch-produkte nou ook aan die belangrikste Afrika-markte bekendgestel is en saam met ETG se beproefde handelsmerke, Falcon en Zamfert, in Afrikalande verkoop word. Uitgesoekte Kynoch-vermengings word ook in ETG se vermengingsaanlegte regdeur Afrika, vermeng.

Meer oor Kynoch Kunsmis

“By Kynoch glo ons nie net in die enkeltoediening van ’n spesifieke produk nie, maar in die kombinasie van produkte sodat ons voedselprodusente die beste voordeel kan geniet en sodoende meer geld per hektaar kan maak.” 

Kynoch Kunsmis is ’n toonaangewende invoerder, vermenger en kleinhandelaar van ’n volledige reeks korrel-, vloeibare en spesialiteitskunsmisstowwe in Suid-Afrika en spog met ’n stewige voetspoor in Suider-Afrika - insluitende Suid-Afrika, Malawi, Mosambiek, Zambië, Zimbabwe, Botswana, Namibië, die Indiese Oseaan-eilande, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Uganda, Tanzanië, Kenia, Ghana, Rwanda en Angola. In Suid-Afrika, word Kynoch se voedselprodusente tans bedien deur ’n groot verkoops- en landboukundige ondersteuningspan wat in meer as vyf kantore regoor die land gebaseer is.

Met depots landwyd en invoer- en vermengingsfasiliteite in alle groot hawens in die Suider-Afrika-streek, insluitende ’n vloeibare kunsmisfasiliteit by Endicott, asook vermengers in Durban, Richardsbaai, Endicott, Viljoenskroon en Kaapstad, bied Kynoch ’n omvattende produkreeks en wydverspreide diens.

Gewas-, groeistadium- en plekspesifieke benadering Kynoch se interne span landboukundiges beskik oor die wetenskaplike kennis om die beste program en skedulering van voedingstowwe saam te stel en voorstelle te maak ten opsigte van kunsmistoediening, wat op die spesifieke omstandighede en behoeftes van voedselprodusente, gebaseer is. Vir hierdie doel, gebruik Kynoch grondmonsters om die grondvrugbaarheidstatus van die grond te bepaal, asook blaarmonsters om die voedingstatus van die gewas vas te stel; en deur die kombinasie van verskillende kunsmisstowwe, kan die beskikbare plantvoedingstowwe verhoog word wanneer dit die meeste saak maak. 

Presisie-landbou 
Kynoch staan aan die spits van innoverende, nuwe wetenskap en tegnologie en span presisie-landbou in as deel van hulle praktyke. Presisie-landbou verminder risiko, bespaar tyd en verlaag koste.
 
 Navorsing en ontwikkeling 
’n Nuwe navorsings- en ontwikkelingslaboratorium is aan die einde van 2017 by die Endicott-aanleg voltooi, wat die maatskappy in staat stel om ook in die toekoms innoverende deurbrake oor gewasvoeding aan sy kliënte te bied om optimale opbrengs en winsgewendheid te verseker

Hooffokus 
Kynoch se fokus met die jare was hoofsaaklik op die grootskaalse gewasse soos mielies, sojabone, koring en suikerriet. Die prentjie het nou verander en die maatskappy fokus nou ook op intensiewe en spesiale gewasse, soos tropiese vrugte, sitrus, aartappels en groente. Daarom het Kynoch ook sy eie reeks innoverende spesialiteitsprodukte ontwikkel. Kynoch was ook die eerste kunsmismaatskappy om ureaseinhibeerders aan die Suider-Afrikaanse mark bekend te stel en sy KynoPlus®-reeks is die markleier op hierdie gebied. 

Die pad vorentoe 
Die ETG-groep sorg vir ’n stewige grondslag wat ’n wêreldwye netwerk van uitgesoekte en gehalteverskaffers, produkte en personeel skep. Sodoende kan Kynoch die handelsmerk en sy voetspoor uitbrei om die nalatenskap wat die maatskappy oor die afgelope 100 jaar geskep het, voort te sit. 

Kynoch – verhoogde doeltreffendheid deur innovasie. 
Vir meer inligting oor Kynoch Kunsmis, skakel Niren Murugan of besoek die webtuiste by www.kynoch.co.za






Verwante Artikels