Jou nuwe JCB Verkoopsbestuurder by Senwes Equipment

  • 01 Mei 2017
  • 90
  •  Senwes
  •  
  •  senwes-equipment



In sy nuwe posisie kyk Antoon oorhoofs na ʼn hele paar aspekte, naamlik die aankoop van voorraad, die opstel van bemarkingsteikens, diens van klante,  nuwe besigheid - wat munisipaliteite en kontrakteurs insluit - ondersteuning van die produk, asook die opleiding van personeel en natuurlik onderdele.
 
Hierdie diens word gelewer in die huidige Senwes bedieningsgebied, sowel as die nuwe gebiede naamlik Aliwal-Noord, Ugie en die Oos-Londen area, sowel as addisionele JCB-gebiede in die Noord-Kaap omgewing by Kimberley en Prieska.
Hierdie diens is volgens die nuwe JCB Verkoopsbestuurder en Diverse Toerusting daarop gemik om ekstra waarde toe te voeg tot die klant en sy besigheid. “Ons spreek die huidige leemtes direk aan en klante hoef nie meer ver te gaan soek vir diens nie - hulle kan die diens gerieflik in hul tuisdorp ontvang. Al 19 werkswinkels het bekwame personeel om klante te diens en waar daar werkswinkels is, sal daar natuurlik ook onderdele wees.”
 
Antoon het amper 40 jaar se ondervinding sedert hy in 1979 in hierdie bedryf begin werk het. Hy beklee sy nuwe pos nadat hy reeds vanaf 2010 die pos as diensbestuurder: werkswinkels by Senwes Equipment beklee het. Die pos was perfek vir sy groei en tegniese ervaring en produkkennis is in oorvloed opgedoen. Antoon het ook ʼn wye algemene kennis van produkte en meganisasie is deel van sy belangstelling, sy passie. Hy het verder ook 30 jaar ondervinding by AFGRI, waar hy van vakleerling tot gekwalifiseerde ambagsman, werkende voorman, asook werkswinkelbestuurder by verskeie takke werksaam was. Hy was ook takbestuurder, tegniese bestuurder en bemarkingsbestuurder vir die Hoëveldstreek.
 
Hy is ʼn landbouman in murg en been en het op die plaas Schoongezig tussen Volksrust en Wakkerstroom in Mpumalanga grootgeword. Hy onderneem om, soos altyd, die beste diens en ondersteuning vir enige klant te verskaf, asook spoedige aflewering van hoë kwaliteit masjienerie en toerusting.
 
Hy het ʼn onwrikbare passie vir klante en om hulle eerste te plaas. ʼn Eenstopdiens met die nodige advies. 
 
Klante word genooi om enige sake direk met hom te bespreek. Sy kontakbesonderhede bly steeds dieselfde, naamlik telefoonnommer 018 464 7571 en e-posadres antoon.smalberger@senwes.co.za.
 





Verwante Artikels