Invoer en uitvoer van suiwel tydens eerste halfjaar van 2020

  • 16 Oktober 2020
  • 416
  •  senwes
  •  
  •  nuus



Uitvoere

Volgens die verslag was die gemiddelde vry-aan-boord-uitvoerprys vir al ses oorhoofse kategorieë in die eerste helfte van vanjaar hoër as die gemiddelde prys in 2019. Die gemiddelde prys in die kategorie botter, bottersmere en botterolie was byvoorbeeld 33,3% hoër.

Minder produkte is uitgevoer in die kategorieë melk en room, gekonsentreerde melkprodukte, en jogurt en karringmelkpoeier. Laasgenoemde word onder meer in gebak gebruik.

Invoere

Gemeet in gewig, is daar 45% minder produkte vanaf Januarie tot Julie vanjaar ingevoer as in 2019.

Hierdie tendens kan toegeskryf word aan ʼn daling in drie van die ses oorhoofse kategorieë, naamlik: melk en room (onversoet), wei en weipoeier, en kaas en wrongel. In die eersgenoemde kategorie het die hoeveelheid ingevoer van 8 856 543 kg tot 2 018 383 kg gedaal. Volgens Sampro se uitvoerende hoof, Alwyn Kraamwinkel, behels hierdie grotendeels langlewemelk. Die hoeveelheid volroomlanglewemelk wat van Januarie tot Junie vanjaar ingevoer is, was 78,7% minder as in 2019 se eerste ses maande.

Op eie bodem is daar vanjaar meer langlewemelk geproduseer. Dit was moontlik omdat melk wat vir byvoorbeeld kaas vir markte soos kitskosrestaurante bestem was, wat in die inperking vir ʼn tyd gesluit was, gebruik is om meer langlewemelk te produseer.

Die daling in invoer kan ook toegeskryf word aan die verswakking van die rand en die logistieke ontwrigting weens die Covid-19-pandemie. Ingevoerde produkte in alle kategorieë was dan ook vanaf Januarie tot Junie vanjaar duurder as verlede jaar. Ingevoerde melk en room was 23,6% duurder, gekonsentreerde melkprodukte 30,5% en wei en weipoeier 75,2%.

Buitelandse mededinging

Volgens die verslag dui die som van die gewig van ingevoerde en uitgevoerde suiwelprodukte op die bedryf se blootstelling aan buitelandse mededinging.

Op ʼn indeksgrondslag, met 2002 as die beginjaar, was Suid-Afrika se blootstelling in 2017 die hoogste. Gedurende die eerste helfte van 2020 was die land se blootstelling die laagste in agt jaar.






Verwante Artikels