Honderde produsente stroom na 2017 Senwes Equipment Ekspo

  • 10 Februarie 2017
  • 92
  •  Senwes
  •  
  •  senwes-equipment



Tyd vir aksie op die spreekwoordelike rooi tapyt
Kompleet soos ‘n modeparade het die een trekker en implement na die ander gevolg en met flitsende ligte en kameras was die kollig op dié groot menere in landbou. Verskeie produkte van John Deere, JCB, Rovic Leers, Falcon, Lemken en Orthman is voor die skare geparadeer met kenners wat demonstrasies behartig het en inligting verskaf het. Verskeie verteenwoordigers van verskaffers het produsente ook meer oor die geskiedenis van hulle produkte en maatskappye vertel.
 
Damesprogram
Daar was ook ‘n volledige damesprogram met die sangeres, Irene-Louise van Wyk, wat ‘n paar treffers in die Sampisaal gesing het. Dan het die bekende akteur en motiveringspreker, Leandie du Randt, ook onder andere ‘n draai gemaak om die dames toe te spreek.
 
Hier is ‘n paar van die foto’s wat by die 2017 Senwes Equipment Ekspo geneem is!
 





Verwante Artikels