Helde in wording

  • 03 April 2018
  • 2354
  •  Senwes
  •  
  •  nuus





“Wat dit selfs meer betekenisvol maak is dat ons onsself in 'n volatiele politieke situasie bevind, waar alles onseker is - tog is die opregte vreugde en vriendskap tussen twee seuns 'n baken van hoop wat 'n werklike verskil kan maak. Senwes gaan nie oor geldmaak nie - ons gee om oor die manier waarop ons ons klante en kliënte behandel en, bo alles, strewe ons daarna om 'n positiewe verskil te maak in die lewens van gemeenskappe waarin ons besigheid bedryf. Ons het die twee gebeurtenisse - die reddingspoging  van die seuns en Seun se entrepreneurskap, gebruik om ons visie te deel, naamlik om 'n verskil in die lewens van mense te maak.”

Die insidente waarna Francois verwys het op die oggend van 4 Januarie vanjaar afgespeel, toe die Shosholoza Meyl trein om ongeveer 09:00 met 'n vragmotor gebots het naby Geneva stasie, tussen Hennenman en Kroonstad. 

Een en twintig mense het hul lewens verloor en meer as 250 mense is beseer.  Twee plattelandse helde het egter uit hierdie tragedie te voorskyn gekom. Twee 12-jarige seuns het, sonder om twee keer te dink, na die toneel gehaas en begin om slagoffers uit die wrak te help, wat intussen aan die brand geslaan het. 

Evert du Preez en Mokoni Chaka is hul lewe lank al vriende en het saam grootgeword op die plaas van Evert se pa, Willie, in die Vrystaat.  Die band tussen hulle is opreg en word verder bewys deur die feit dat beide die ander se taal vlot kan praat. Die dapper optrede van die twee beste vriende het aanleiding gegee tot die storielyn van Senwes se nuwe TV-advertensie.

 “Ek het gesien hoe 'n verslaggewer 'n onderhoud met die twee seuns voer, en gesien hoe sy mond oopval toe die seuns vlot met mekaar in Tswana praat, terwyl hulle liggaamstaal opregte vriendskap oordra. Ek het in dieselfde tydperk gehoor van die lot van Seun Diphoko, 'n voormalige plaaswerker in dieselfde gebied, wat sy werk verloor het weens 'n besering. Seun het nie gaan lê nie en draadkarretjies begin bou.  Hy het intussen sy besigheid tot nuwe hoogtes gevoer na blootstelling op FB en donasies vanaf mense wat graag wou help. Dit het vir ons sin gemaak om die twee gebeurtenisse, wat die mensdom se onblusbare begeerte om goed te doen en hindernisse te oorkom, weerspieël - ongeag die huidige politieke klimaat in die land.”

“Ek daag enigiemand om na die advertensie te kyk sonder om daardeur geraak te word,” sê Francois.

Die nuwe Senwes TV-advertensie is minder as 'n kilometer vanaf die treinongeluk verfilm. Die advertensie sal op kykNET vertoon word, vanaf April, maar kan moontlik ook op ander platforms vertoon word. Skakel in op die Senwes aanlynplatforms vir meer inligting.






Verwante Artikels