Goeie markvooruitsigte vir beesvleis

  • 28 Oktober 2020
  • 287
  •  senwes
  •  
  •  nuus



Volgens die mees onlangse verslag deur ABSA AgriTrends, dien die beesvleismark as volg daaruit:

Binnelandse markte

Binnelandse pryse word goed ondersteun deur ʼn verhoogde aanvraag en die warmer weerstoestande. Die hoë prys van mielies en sojabone kan egter ʼn  impak op voerkoste hê.

Gedurende September het Klas A-pryse met 3,1% gestyg tot R47,28 per kilogram, terwyl Klas C-pryse op ʼn week-tot-week grondslag met 0,8% tot R40,25 gestyg het. Die pryse vir speenkalwers het ook opwaarts verhandel en met 6,7% toegeneem. Die huidige speenkalfprys is 25,8% hoër as ʼn jaar gelede.

Internasionale markte

Gedurende September het die prys van osse en koeie in Nieu-Seeland met onderskeidelik 0,9% en 2,5% gestyg. Dit is egter steeds onderskeidelik 6,2% en 7,3% laer as dieselfde tyd verlede jaar.

Die Nieu-Seelandse regering het ʼn tydelike verbod op beesuitvoeraansoeke geplaas ná die verdwyning van die Gulf Livestock 1-vaartuig wat 5 800 beeste en 50 bemanningslede vervoer het. Dit sal druk op maatskappye plaas wat reeds verse vir lewende uitvoerbesendings aangekoop het. Dié maatskappye sal dit in die Nieu-Seelandse mark wil verhandel, wat ʼn impak op pryse mag hê. China voer ongeveer 27% van sy lewendige beeste van Nieu-Seeland af in en markrolspelers sal nie dié verhouding op die spel wil plaas nie.






Verwante Artikels