Gekweekte vleis op internasionale navorsingspyskaart

  • 09 September 2021
  • 1023
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Hierdie deurbraak is gemaak nadat stamselle van Wagyu-koeie geïsoleer is om die komplekse tekstuur van dié beesvleis na te maak. Volgens Dong-Hee Kang, die hoofnavorser, kan stamselle onder die regte laboratoriumomstandighede tot so ʼn mater gemanipuleer word dat dit in elke tipe sel ontwikkel kan word wat nodig is om gekweekte vleis te produseer.

Hy verduidelik dat vir dié eksperiment die individuele vesels, waaronder die spiere, vet en bloedvate, met behulp van ʼn bioafdruk uit hierdie selle vervaardig is. Die vesels is gevolglik in 3D-skanderingstegnologie gerangskik ten einde die struktuur van regte Wagyu-vleis te produseer.

Ten spyte daarvan dat eetbare gelatien en gellangom gebruik is om die vesels te bind, sê Kang dat dié namaaksel nog nie vir menslike gebruik geskik is nie.

Die navorsers is egter opgewonde oor die potensiaal van dié tegnologie  as ‘n omgewingsvriendelike en volhoubare metode tot alternatiewe vleisprodukte. “Deur hierdie tegnologie te verbter, is dit moontlik om nie net ingewikkelde vleisstrukture te produseer nie, maar ook subtiele aanpassings aand ie vet-en spierinhoud van die vleis te maak,” verduidelik Michiya Matsusaki, een van die navorsers. Gevolglik kan vleissnitte gekweek word met elke klant se unieke smaak-en gesondheidsvoorkeure in gedagte.

In Februarie vanjaar het Aleph Farms en ‘n tegnikon in Israe daarin geslaag om ‘n riboog-biefstuk met regte bees-selle te kweek, terwyl Spanje ook bekend is vir navorsing in dié verband.

Meer oor gekweekte of kunsmatige vleis

In ‘n artikel wat vroëer vanjaar deur SA Graan gepubliseer is, meen prof Hettie Schönfeldt van ARUA CaBFoodS-Afrika dat kenners hoofsaaklik onderskei tussen vegatariese vleisvervangers, gewkeete vleis of spierselgerpoduseerde namaaksels.

In die geval van vegetariese vleisvervangers word sojabone, lensies en ertjiepeule asook voedingstowwe wat die proteïene in vleis ewenaar, saam met vette, binders, geurmiddels en beet as natuurlike kleursel, gevorm.  Laboratoriumgekweekte vleis word vervaardig deur selle wat tydens weefselbiopsies vanaf diere verkry word, en geen diere word dus hiervoor geslag of geteel nie.

Gerhard Schutte van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het in die artikel gesê alhoewel plantaardige en laboratoriumgekweekte vleisnamaaksels ‘n werklikheid is, dié bedryf plaaslik nog in sy kinderskoene staan. Volgens hom is dit op die hoë-inkomstemark  gemkik en terwyl die ware impak daarvan besig is om te ontvou, dit tans nie ‘n wesenlike bedryf is nie.

Izaak Breitenbach van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) meen op sy beurt dat sintetiese hoendervlies waarskynlik nie net baie duur sal wees nie, maar ook nie baie aptyt-wekkend wees nie.

Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie (SVPO) het by monde van Marieta Human, ‘n verbruikerswetenskaplike, geê dat smaak-en tekstuurprofiele en ekonomiese oorwegings internasionaal die impak van nagemaakte varkvleisburgervulsels en verkvleisworsies bepaal. “Weens die unieke rol van rooivleis in ons kultuur, sien ons nie gou ‘n noemenswaardige bedreiging vir die plaaslike kommersiële varkvleisbedryf nie,” meen Human.

Volgens dr Dirk Strydom, bestuurder: Graanekonomie en Bemarking van Graan SA, sal nagebootste vleis oor tyd ‘n besliste rol in die vraag na graan vir voer kan speel. Hy verduidelik dat voer in die laaste jare ‘n baie belangrike deel vand ie vraag na graan geword het, en dat hierdie produkte uit gewasse soos sojabone en lupiene onstaan, wat ‘n nuwe vraag sal veroorsaak.

Lees die volledige SA Graan artikel hier: https://bit.ly/3nfJ8HP






Verwante Artikels