Europese belangstelling sterk wolprys

  • 08 November 2021
  • 747
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Hierdie is die eerste noemenswaardige styging sedert laat September, toe dit met 4,2% gestyg het.

Die gemiddelde skoonwolmarkaanwyser vir lang vagwol (MF4/MF5) van goeie gehalte met ʼn treksterkte van 35 (NKT) staan tans as volg:

  • 18 mikron se skoonwolprys (SWP) staan op 24062c en ʼn prysbeweging (PB) van +0,2%
  • 19 mikron se SWP staan op 21942c met ʼn PB van +2,4%
  • 20 mikron se SWP staan op 17189 met ʼn PB van +4,2%
  • 21 mikron se SWP staan op 16065c met ʼn PB van +0,3%
  • 22 mikron se SWP staan op 13240c met ʼn PB van +1,1%

Hoewel boere hulle wol ongewas (vetwol) op die veiling aangebied het, was dit eers aan toetse onderwerp om te bepaal wat die persentasie skoonwol, sonder die onsuiwerhede, was. Die kopers is gevolglik daarvolgens betaal.

Volgens Leon du Plessis, BKB se wolafslaer, kan die markaanwyser se verhoging toegeskryf word aan die rand wat einde September en onlangs teen die dollar verswak het. Hy meen voorts dat die wolprys baie afhanklik is van die wisselkoers en 2% tot 2,5% van die verhoging daaraan toegeskryf. Die res word toegeskryf aan die bestendiging van omstandighede na die inperkingsperiode.

Nog ʼn rede vir die goeie lopie is die verhoogde aankope deur Europeërs. 






Verwante Artikels