Boulers oorheers Elfde Senwes Spinners Plaasskool Toernooi

  • 07 April 2017
  • 1187
  •  North West Cricket
  •  
  •  nuus




ʼn Totaal van 130 plaasskool leerlinge en 20 onderwysers het aan die toernooi deelgeneem. 10 Skole het kragte in die toernooi gemeet naamlik; Rabana Primêre Skool (Ventersdorp), Humansvlakte Primêre Skool (Bothaville), Manana Primêre Skool (Lichtenburg), Nampo Gekombineerde Landbouskool (Bothaville), Dr. Sello Primêre Skool (Viljoenskroon), Rusoord Primêre Skool (Vereeniging), Mponeng Primêre Skool (Viljoensrus, Potchefstroom), Tlhabologo Primêre Skool (Rooipoortjie, Potchefstroom), Phakela Primêre Skool (Hartbeesfontein) en Pelonomi Intermediêre Skool (Stilfontein). Die spanne was gedurende die toernooi by HTS Potchefstroom gehuisves.
 
Boulers het die maatstaf in die toernooi gestel met nie minder vier boulers wat elk vyf paaltjies laat kantel het het, sewe het vier paaltjies platgetrek en ‘n massiewe aantal van 15 boulers het elk drie paaltjies ingeoes. Dit inteenstelling met slegs vier kolwers wat 50-talle behaal het en een wat ‘n 100-tal aangeteken het. Die beste bouler gedurende die toernooi was Thabo Chawe (Dr. Sello Primêre Skool) met boulsyfers van 6 wedstryde, 6 kolfbeurte, 15.3 beurte, 5 leë boulbeurte, 57 lopies, 15 paaltjies en beste boulsyfers van 6/3 in ‘n beurt teen ‘n tempo van 3.35. Die top kolwers gedurende die toernooi was Dean De Bruin (Humansvlakte Primêre Skool) met kolfsyfers van 6 wedstryde, 6 kolfbeurte, 3 nie uit nie, 1 honderdtal, 1 vyftigtal, 20 viere, 12 sesse, ‘n hoogste telling van 103* waar hy 197 lopies aangeteken het teen ‘n kolfgemiddeld van 197 lopies.
 
Die toernooi het op Vrydag, 31 Maart 2017 begin met vyf T20 wedstryde, terwyl ‘n totaal van vyftien wedstryde op Saterdag, 1 April 2017 gespeel is en op Sondag, 2 April 2017 is ‘n verdere 10 wedstryde gespeel; ‘n totaal van 30 wedstryde was gedurende die toernooi by HTS Potchefstroom se A & B velde, Ferdinand Postma Hoërskool en De Wilge Hoërskool se A & B velde gespeel. Spanne was daarna op Vrydagaand na Senwes Park in Potchefstroom geneem om die NPL T20 toernooi by te woon en was die Saterdag met ‘n lekker fliek by Sterkinekor-Mooirivier Mall bederf.
 
Noordwes Krieket het ook afrigters voorsien waar hulle die spanne met opwarming bygestaan het, krieketbewusmaking gedurende wedstryde behartig het asook om as talentsoekers op te tree wat vir die Senwes Spinners Hoë Prestasie Span gekies sal word, wat na afloop van die Senwes Spinners Plaasskool Finaal aangekondig sal word. Die skole was ook in ‘n stryd met mekaar gewikkel vir die twee plekke in die finaal van die Senwes Spinners Plaasskool Finaal wat op 13 Mei 2017 by Senwes Park in Potchefstroom gespeel sal word. Die twee skole wat in vanjaar se Senwes Spinners Plaasskool Finaal sal meeding is Humansvlakte Primêre Skool en Manana Primêre Skool.

Punteleer is onder:
 

Naam van Span

Wedstryde gespeel

Wen

Verloor

Gelykop

Geen Uitslag

Humansvlakte PS

6

6

0

0

0

Manana PS

6

5

1

0

0

Rabana PS

6

4

2

0

0

Phakela PS

6

4

2

0

0

Rusoord PS

6

3

3

0

0

Tlhabologo PS

6

2

4

0

0

Dr. Sello PS

6

2

4

0

0

Mponeng PS

6

2

4

0

0

Pelonomi PS

6

1

5

0

0

Nampo PS

6

0

6

0

0

 
Senwes Spinners Plaasskool Finaal:
Plek: Senwes Park, Potchefstroom
Datum: Saterdag, 13 Mei 2017
Formaat: T20
Tyd: 09:00 vm begintyd
 





Verwante Artikels