Die wet op bevordering van toegang tot inligting
Ingevolge Artikel 32 van die Handves van Regte in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet nr. 108 van 1996 (“die Grondwet”) het elke persoon ‘n reg om toegang tot inligting. Om sodoende die grondwetlike verpligting na te kom, het die parlement die Wet op bevordering van toegang tot inligting, nr. 2 van 2000 (“die Wet”) goedgekeur.
Die oogmerk van die wet is om gevolg te gee aan die konstitusionele reg van toegang tot enige inligting gehou deur die staat, asook inligting gehou deur ‘n ander persoon wat benodig word vir die uitoefening of beskerming van enige reg.
Die oogmerk van hierdie handleiding is om versoeke om toegang tot inligting van Senwes en sy filiale te fasiliteer.
Senwes: Handleiding met betrekking tot die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (10 bladsye = 59.58KB)