Sosiale verantwoordelikheid
Menslike hulpbronne
Senwes se werknemers is een van die hoekstene wat die Groep in staat stel om sy doelwitte te bereik.
Aftree- en sterftevoordele is vir alle kwalifiserende werknemers beskikbaar, en die trustees om hierdie fondse te bestuur, word gelykop uit die geledere van werknemers en werkgewer aangestel. Prestasievergoedingstelsels is in plekgestel en sal selfs verder uitgebrei word om voldoende aansporing aan kwalifiserende personeel te gee.
Die Groep het voortgegaan met opleidings- en vaardigheidsontwikkelingsaksies om personeel op te lei en te ontwikkel. Hierdie programme het ten doel om personeel te bemagtig asook om voldoende vaardighede tot voordeel van die onderneming te skep.
Die Groep is daartoe verbind om gelyke geleenthede aan alle werknemers te voorsien. Ooreengekome strategieë en aksieplanne is in plek om gelyke indiensnemings te bewerkstellig en, waar toepaslik opgeleide kandidate nie beskikbaar is nie, vaardigheidsontwikkelingsprogramme vir huidige personeel te onderneem.
Gemeenskapsbetrokkenheid
Die Groep besef sy verantwoordelikheid teenoor die samelewing en lewer finansiële en ander bydraes aan organisasies en instellings in die gemeenskappe waarbinne hy sake doen. Die meeste van die Groep se bedrywe is in landelike gebiede geleë en hierdie besighede verskaf broodnodige ekonomiese aktiwiteit wat ’n bydrae lewer tot werkverskaffing en maatskaplike investering in die betrokke gebiede.
Om terug te gee aan die gemeenskap is baie belangrik vir Senwes en werknemers kan betrokke raak in verskeie Senwes sorg inisiatiewe. Hierdie betrokkenheid en belegging in die gemeenskap groei jaarliks en deur middel van verskeie vennootskappe het die groep 'n beduidende impak op die gebiede van onderwys, entrepreneurskap, werkskepping, sport, kuns en kultuur, sowel as die gesondheid en welsyn aangebring.
Senwes is baie trots op sy Spinners landelike skole krieket-ontwikkelingsprogram, wat al vir vyf jaar aan die gang is en plattelandse leerders die geleentheid bied om aan krieket bekendgestel te word. Dit is die tweede grootste program van hierdie aard in die land. Senwes finansier ook ander sportprogramme, insluitende die Senwes skole-sokkerliga in Bothaville en die landelike skole atletiek program.
Die Senwes Entrepreneurskap Ontwikkelingkompetisie moedig entrepreneurskap onder jongmense aan, terwyl die Senwes Jongboer Toekoms Fokus jong produsente bemagtig om die uitdagings van kommersiële boerdery te hanteer. As deel van die ontwikkeling program vir entrepreneurs, bestuur Senwes ook boerdery-opleiding wat produsente help om die basiese beginsels van boerdery te leer, en die beste boerderypraktyke aan te neem.
Senwes help gekose geloofwaardige NRO's en welsynsorganisasies met die fondsinsameling. Vele organisasies het al baat gevind uit ons Senwes Village From Greens to Dreams gholf-fondsinsamelingprojek en menige organisasies baat jaarliks by Senwes Credit se R1 miljoen-kompetisie. Senwes personeel kan ook uitsien na die jaarlikse Kerspartytjie wat op 400 gestremde en minderbevoorregte kinders in die Klerksdorp-omgewing gerig is.
Veiligheid, gesondheid en omgewing
Die Groep erken elke werknemer se reg om in ’n veilige en gesonde omgewing te werk en die verantwoordelikheid van ondernemings ten opsigte van bedryfsaktiwiteite se impak op die omgewing.
Risiko met betrekking tot veiligheid en gesondheid vorm ’n integrale deel van die risikobestuursprosedures en gereelde oudits word uitgevoer om prestasie in dié verband te monitor. Die invloed van bedryfsaktiwiteite op die omgewing word voortdurend geëvalueer om te verseker dat dit so omgewingsvriendelik moontlik is.
-
Mei 09, 2013
Die Highveld Horse Care Unit (HHCU) op Meyerton is die grootste perdewelsynsorganisasie in die Suidelike Halfrond. Verwaarloosde of mishandelde perde word ingeneem en gerehabiliteer, waarna daar dan na nuwe tuistes vir die diere gesoek word.
Full story
-
Mar 07, 2013
Die geraamde waarde van skenkings deur die Senwes Village se From Greens 2 Dreams-projek van Augustus 2012 tot op hede, beloop R127 500 in kontant en goedere.
Full story
-
Feb 05, 2013
Hanke Swart (12) is op 15 November 2012 as laerskole-wenner van die sewende Senwes Entrepreneurskompetisie aangewys. Haar braaikuikenboerdery, Hagi Hoenders, is reeds in 2009 op die been gebring. [VIDEO]
Full story
-
Nov 28, 2012
Rudo Peens, ‘n leerder aan Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein, is as hoërskole-wenner aangewys van Senwes se sewende Entrepreneurskompetisie, terwyl Hanke Swart van Heilbron, se braaikuikenboerdery haar vanjaar die titel as laerskole-wenner besorg het. Die aankondiging is gemaak tydens ‘n funksie gehou op 15 November by Vanilla Sky in Bloemfontein.
Full story
-
Nov 14, 2012
Skenkings van meer as R22 000 van Agrinet en Bosch is aan behoeftiges in die Vrystaat gemaak. Dié skenkings vorm deel van Senwes Village se From Greens 2 Dreams-projek.
Full story
-
Nov 14, 2012
Dosente verbonde aan Vuselela FET-kollege kan nou, danksy die samewerking van Senwes, die geleentheid kry om deur middel van ‘n projek wat deur die ETDP-SETA befonds word, praktiese ervaring in Senwes se werkomgewing op te doen.
Full story
-
Nov 05, 2012
Vanjaar se “From Greens 2 Dreams”-veldtog werk effens anders as verlede jaar. Die veldtog, Senwes Village se sosiale verantwoordelikheidsprojek, dien as basis vir die allokering van fondse aan verskeie welsynsorganisasies. Die genoemde fondse word tydens die jaarlikse Senwes Village Verskaffersgholfdag ingesamel.
Full story
-
Okt 25, 2012
Menige kinderhart by Viljoenskroon Hospice is op 23 Oktober verbly danksy ʼn skenking van ongeveer R15 000 se voedselitems deur Agrinet met behulp van Senwes Village se From Greens 2 Dreams-fonds.
Full story
-
Okt 25, 2012
Bosch het op 11 September deur middel van Senwes Village se From Greens 2 Dreams-fonds ʼn skenking van ongeveer R7 500 se kraggereedskap aan die Vrystaat Nasorgsentrum vir intellektueel-gestremde volwassenes in Bloemfontein, gemaak.
Full story
-
Okt 23, 2012
(Artikel slegs in Engels beskikbaar) Modise Matlhaku, 2011 Senwes Spinners Player of the Tournament and recipient of a Senwes Spinners high school scholarship, has been included in the Northwest under 15 cricket team which will compete at the CSA National Cricket Week in Durban later this year. Get to know Modise:
Full story
-
Okt 23, 2012
(Artikel slegs in Engels beskikbaar) The Senwes Spinners High Performance team participated in the annual Ricoh and Hennies T10 tournament, which was hosted in the town of Hennenman (in the Free State) by Hennenman Primary School. The tournament was held from the 13 - 14 September 2012 and a total of 18 school teams took part in the tournament.
Full story
-
Okt 16, 2012
Krieketspelers vanuit drie plaasskole sal voortaan hul tegniek kan verbeter en ook beter toegerus wees tydens wedstryde danksy ‘n skenking in dié verband deur Senwes se Spinners Krieket Ontwikkelingsprogram.
Full story
-
Sep 11, 2012
Senwes se Jongboer Toekomsfokusdag vind op 20 September vanjaar op NAMPO Park plaas. Met die klem op presisieboerdery op toerusting en vee, beloof die dag om groot waarde tot enige jongboer se kennis en vaardighede toe te voeg.
Full story
-
Sep 11, 2012
Produsente van die Groenebloem-boerevereniging in die Viljoenskroon-distrik het altesaam 33 ton mielies aan hul medeprodusente in die Dewetsdorp-distrik geskenk wat gedurende die afgelope maand groot skade weens vernietigende veldbrande gely het. Senwes het ook ‘n skenking van R20 000 aan die Vrystaat Landbou-brandfonds gemaak.
Full story
-
Aug 03, 2012
R17 000 is deur Senwes Village via hul From Greens to Dreams-projek aan die KANSA Cloverdale Sorgsentrum in Klerksdorp geskenk om lugversorging te installeer.
Full story
-
Jul 16, 2012
Senwes kom al ‘n lang pad saam met die Agri Securitas Trustfonds: van die verkoop van Springbok ondersteunersdrag af tot die afgelope vier jaar se betrokkenheid by die Senwes OFM Prestige Sportaand.
Full story
-
Jul 04, 2012
Senwes Village was vanjaar die silwer randjie van ‘n donker wolk wat bo kinders, bejaardes en gestremdes gehang het. Village het op 2 Junie ‘n bedrag van R15 000 elk aan die SAVF Rethabile Kinderhuis in Klerksdorp en die SAVF Evanna Tehuis op Hartbeesfontein geskenk.
Full story
-
Jul 04, 2012
Vanjaar se Senwes R1 miljoen-trekking het op 31 Mei by die Goldfields Casino in Welkom plaasgevind. Altesaam vyf klante het nie net elk ‘n gedeelte van R1 miljoen losgeslaan nie, maar ‘n totale bedrag van R300 000 is ook aan vyf welsynsorganisasies geskenk.
Full story
-
Jul 04, 2012
Senwes het die erns van volhoubaarheid en omgewingsvriendelik ter harte geneem en doen hul deel waar hul kan – selfs op bestuursvlak.
Full story
-
Jul 04, 2012
Die Bokkie Week word tans by die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) en die Hoërskool Kroonstad (Blouskool) gehou. Die toernooi het op 2 Julie begin en duur tot Vrydag, 6 Julie. Klante wat opskud, kan nog ʼn stukkie van die aksie beleef.
Full story