Hoe om aansoek om ‘n betrekking by Senwes te doen
Laai die Elektroniese Aansoekvorm af, voltooi die relevante velde volledig op die dokument en kliek op die submit-knoppie om die voltooide dokument per e-pos aan Senwes te stuur. Wanneer die submit-knoppie gekliek word, sal ‘n reeds-geadresseerde e-posboodskap, wat u voltooide aansoekvorm bevat, gegenereer word. Dekbriewe en elektroniese CV’s kan by hierdie e-posboodskap aangeheg word. Hierdie vorm kan ook uitgedruk word en saam met relevante dokumentasie gestuur word na:
Die Assistent Hoofbestuurder: Menslike Hulpbronne
Senwes Beperk
Posbus 31
Klerksdorp
2570
Senwes ondersteun die beginsel van transformasie deur die aanstelling van persone vanuit die aangewese groepe en potensiële kandidate word aangemoedig om aansoek te doen.
Telefoniese navrae: Theo Fourie: (018) 464-7405
Faks: (018) 462-1820
E-pos:
Theo.Fourie@senwes.co.za
Elektroniese Aansoekvorm