Senwes Gegradueerdes
Senwes is ‘n landbou-organisasie, wat al vir meer as ‘n honderd jaar op die voorpunt van Suid-Afrikaanse landboubesigheid besigheid doen. Die maatskappy het belange in die Vrystaat, Noordwes en Gauteng.
Oor die program
Die Senwes Graduate-program bied talentvolle gegradueerdes die kans om hulself tot die
toekomstige leiers van die maatskappy te ontwikkel.
Hierdie een jaar program bied die geleentheid om te leer en te ontwikkel deur middel van ‘n gestruktureerde roterende en gespesialiseerde ontwikkelingsprogram sowel as deur blootstelling aan mentorskap van suksesvolle leiers in die werksomgewing.
Oorsig van die Besigheidsareas
As ‘n gegradueerde, sal jy die geleentheid hê om insig te kry en ervaring in die volgende afdelings op te doen.
Senwes Korporatief
Senwes Korporatief bestaan uit die volgende ondersteunende dienste vir die Senwes Groep: Bemarkingskommunikasie en -gebeurtenisse, Finansies, Regsdienste, Inligtingstegnologie, Landboudienste en Menslike Hulpbronne.
Senwes Grainlink
Senwes Grainlink is die graanindustrie se eerste keuse wanneer dit by die hantering, opberging en bemarking van graan vir sy kliënte kom. Senwes Grainlink bied al die dienste in die graanproduksieketting gerieflik onder een dak.
Senwes Village
Senwes Village is jou een-stop landbou-, buitelug en boerdery meganisasiemaatskappy wat gespesialiseerde, holistiese, professionele diens en produkreekse van die hoogste gehalte bied.
Senwes Credit
Senwes Credit bied eersterangse kredietfasiliteite, uitstekende diens, besigheidsoplossings en uitgebreide bedryfskennis aan graanprodusente.
Programstruktuur
Die program is ‘n gestruktureerde 12-maand-lange program en sal breër funksionele dissiplines dek om volle begrip van die Senwes waardeketting te verseker. Alle gegradueerdes sal aangewese mentors binne hul bepaalde afdelings hê. Na die voltooiing van die program, sal Senwes besluit oor ‘n permanente aanstelling of beëindiging van die proses.
Opleiding en Ontwikkeling
Senwes is verbind tot lewenslange leer deur middel van ‘n verskeidenheid opleidingsinisiatiewe. ‘n Kombinasie van formele en praktiese opleiding sal jou vermoëns deur die loop van die program uitbrei.
Dit sluit in:
- ‘n Induksiegeleentheid wat ‘n inleiding tot Senwes en ‘n oorsig van die program sal bied.
- Die geleentheid om betrokke te raak by ‘n hulpbronprojek.
- 'n Formele leierskapopleidingsprogram in vennootskap met USB (ED).
Sluitingsdatum: 31 Augustus 2012
Doen aansoek vir die Graduate-program
Kontak
Stuur ‘n e-pos na Hester Barnard by hester.barnard@senwes.co.za vir meer inligting.