Tshegofatso Rasemane (Junior HR-beampte: Menslike Hulpbronne) "Ek het soveel kennis en vaardighede ontwikkel deur die verloop van die program. Ek stel voor dat jy hierdie geleentheid aangryp en soveel leer as wat jy kan. Toe ek vir die eerste keer gehoor het dat ek permanent aangestel sou word, was ek baie opgewonde en trots dat Senwes potensiaal in my raakgesien het." 
Leon van Tonder (Junior Besigheidsanalis: IT Dienste) "Buiten die tegniese modules, was die groot ding vir my die feit dat die program my laat besef het dat ons onself moet bly uitdaag om sodoende die beeld van potensiële toekomstige leiers uit te straal; veral in vandag se mededingende poel jong talentvolle individue." Pogisho Rakate (Leerling Agronoom: Landboudienste) "Die program het my die platform gebied om my loopbaan as agronoom te vestig, terwyl ek terselfdertyd baie van die korporatiewe omgewing geleer het. Dit is ‘n skitterende geleentheid – gryp die met albei hande aan en leer soveel as moontlik!" 
Stephan le Roux (Kredietkontroleur: Senwes Credit) "Ek het verskeie waardevolle netwerke gevestig gedurende die insameling van inligting vir ons projekte. Ek sou waarskynlik baie van hierdie mense nooit ontmoet het onder normale omstandighede nie. Die program het my ook toegerus met handige werksplekvaardighede en kennis." |