-
Mei 15, 2013
Die Mededingingstribunaal het vandag ‘n skikkingsooreenkoms tussen die landboubesigheid Senwes en die Mededingingskommissie bevestig. Die terme van die skikking vervat die beginsel van verskillende opbergingstariefopsies soos reeds deur Senwes aanvaar in 2010, sowel as gelyke toegang daartoe.
Full story
-
Apr 12, 2013
AFGRI en Senwes kondig graag aan dat die Mededingingstribunaal die samesmelting van die agri-kleinhandelsbesighede van die twee landboudienstemaatskappye en Partrite, die AFGRI groothandelsfiliaal, goedgekeur het, onderhewig aan sekere voorwaardes. Gemelde voorwaardes het betrekking op die vloei van vertroulike inligting en sekere personeelaangeleenthede.
Full story
-
Apr 05, 2013
In ’n uitspraak wat op 28 Maart 2013 gelewer is, het die Hoogste Hof van Appèl ’n aansoek deur die Treacle Fund II teen Senwesbel en Senwes afgewys.
Full story
-
Des 13, 2012
Senwes stel aandeelhouers hiermee in kennis dat die Maatskappy ‘n makelaarsfirma
sal aanstel om terugkope van gewone Senwes aandele (“Senwes aandele”) deur ‘n
filiaal van Senwes op die oor-die-toonbank verhandelingskamer vanaf 1 Februarie
2013 tot 31 Januarie 2014 (“die Terugkoopprogram”) te doen.
Full story
-
Des 05, 2012
Op 31 Julie 2012 het AFGRI en Senwes gesamentlik die sluit van ʼn transaksie aangekondig in terme waarvan die twee landboumaatskappye hul landbou-kleinhandelsbesighede sowel as Partrite, die AFGRI groothandelsfiliaal, sal saamsmelt om ʼn nuwe gesamentlike onderneming tot stand te bring, waarin die partye ʼn 50% aandeel respektiewelik sal hou.
Full story
-
Nov 28, 2012
Rudo Peens, ‘n leerder aan Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein, is as hoërskole-wenner aangewys van Senwes se sewende Entrepreneurskompetisie, terwyl Hanke Swart van Heilbron, se braaikuikenboerdery haar vanjaar die titel as laerskole-wenner besorg het. Die aankondiging is gemaak tydens ‘n funksie gehou op 15 November by Vanilla Sky in Bloemfontein.
Full story
-
Nov 27, 2012
Landbouprodusente van die Noord-Kaap wie se boerderye deurgeloop het onder verwoestende veldbrande, is ‘n tree nader aan landwye voerskenkings te danke aan ‘n kontant skenking vanaf Senwes vir die delging van vervoerkoste.
Full story
-
Nov 02, 2012
Met die samewerking van Senwes het dosente by die Vuselela FTE-kollege nou ’n geleentheid om deel te neem aan ’n projek wat deur die ETDP-SETA befonds word om praktiese ervaring van die werksomgewing op te doen.
Full story
-
Okt 29, 2012
Senwes het in reaksie op die skielike afsterwe van Pieter Meyer op 23 Oktober vanjaar, hulde gebring aan dié voormalige voorsitter van die Direksie van Senwes en Senwesbel.
Full story
-
Okt 16, 2012
Krieketspelers vanuit drie plaasskole sal voortaan hul tegniek kan verbeter en ook beter toegerus wees tydens wedstryde danksy ‘n skenking in dié verband deur Senwes se Spinners Krieket Ontwikkelingsprogram.
Full story
-
Sep 25, 2012
Sowat 300 jongboere van Noordwes en die Vrystaat het onlangs ʼn dag in die toekoms spandeer.
Full story
-
Sep 17, 2012
Bunge Limited, deur Bunge EMEA (Bunge Europe, Middle East and Africa) en Senwes Bpk, het vandag aangekondig dat Bunge sy opsie uitgeoefen het om ‘n 50% belang in die bestaande gevestigde Afrika strukture van Senwes te verkry. Die opsie met betrekking tot verdere belegging deur Bunge in Senwes is in ooreenstemming met die oorspronklike gesamentlike ooreenkoms tussen die twee maatskappye.
Full story
-
Sep 06, 2012
Die veiligheid van boere en plaaswerkers het ‘n hupstoot gekry deur ‘n R100 000 insameling van Senwes tydens ‘n Agri Securitas Gholfdag gehou by die Val de Grace Gholfbaan buite Parys op 30 Augustus 2012.
Full story
-
Jul 31, 2012
Beide AFGRI en Senwes het die aangaan van ʼn transaksie aangekondig in terme waarvan die twee landboumaatskappye hul landbou-kleinhandelsbesighede sowel as Partrite, die AFGRI groothandelsfiliaal, sal saamsmelt om ʼn nuwe gesamentlike onderneming tot stand te bring, waarin beide party ʼn 50% aandeel sal hou. Die gesamentlike onderneming sal die meganisasiebesighede in die vorm van John Deere agentskappe, uitsluit.
Full story
-
Jun 28, 2012
‘n Groep kinders, bejaardes en gestremdes se las is nou effens ligter danksy ‘n skenking van Senwes Village van R15 000 elk aan die SAVF Rethabile Kinderhuis in Klerksdorp en die SAVF Evanna Tehuis op Hartbeesfontein.
Full story
-
Jun 28, 2012
Senwes se wins na belasting vir die jaar geëindig 30 April het met 21,6% na R265 miljoen verhoog terwyl ‘n 21,5% opbrengs op ekwiteit behaal is. Wesensverdienste vir die tydperk het met 14,3% gestyg vanaf 116,2 c/aandeel na 132,8 c/aandeel. Dié geïntegreerde landboudienstebesigheid se omset het ʼn hupstoot van 73,5% tot R13 miljard gekry hoofsaaklik weens ʼn styging in kommoditeitspryse.
Full story
-
Jun 07, 2012
Altesaam vyf klante van Senwes het op 31 Mei 2012 uitgevind met watter deel van die R1 miljoen afslag op hul somerproduksierekening hulle wegstap. Om die kroon te span het die welsynsorganisasie van elke finalis se keuse ʼn skenking van R60 000 van Senwes ontvang.
Full story
-
Apr 16, 2012
Die Grondwethof het op 12 April 2012 bevind dat Senwes wel art. 8(c) van die Wet op Mededinging oortree het. ʼn Klagte van onmededingende sakepraktyk wat graanopbergingstariewe betref wat in 2006 by die Mededingingskommissie teen Senwes aanhangig gemaak is, het gelei tot ʼn uitgerekte regsproses wat die Mededingingsappèlhof, die Appèlafdeling van die Hooggeregshof en uiteindelik die Grondwethof ingesluit het.
Full story
-
Apr 16, 2012
Senwes van Klerksdorp en NWK van Lichtenburg, beide suksesvolle maatskappye in die landbousektor vir meer as 100 jaar, het vandag ʼn ooreenkoms aangekondig waarvolgens NWK se versekeringsbesigheid en Senwes se versekeringbesigheid, bekend as Univision Financial Services, saamgevoeg word.
Full story
-
Feb 27, 2012
Geneve, Februarie 17, 2012: Bunge Limited, deur Bunge EMEA (Bunge Europa, Midde-Ooste en Afrika) en Senwes Beperk het vandag aangekondig dat hulle ‘n gesamentlike ondersoek gaan loods na die moontlikheid om ‘n grootskaalse persaanleg vir oliesaad in Suid-Afrika op te rig ten einde te reageer op ‘n groeiende proteïen- en plantoliemark in Suid-Afrika.
Full story