Wet op finansiële intelligensiesentrum (FICA) - wet 38 van 2001
In terme van FICA, is Senwes verplig om die identiteit van sekere kategorieë klante, byvoorbeeld aandeelhouers, kliënte wat op SAFEX verhandel, en kliënte wat langtermyn versekeringspolisse het en betrokke is by dieselverskansing, te verifier (“KYC” : Know Your Client / Ken U Kliënt).
Senwes bedank graag alle kliënte wat reeds op ons KYC-versoeke gereageer het. Let asseblief daarop dat FICA ons verplig om gesertifiseerde afskrifte van al die betrokke inligting te hê. Indien ons nie in besit is van gesertifiseerde afskrifte van die betrokke dokumente nie, sal ons ongelukkig nie enige verdere transaksies met die kliënt mag aangaan nie. Ons sou nie graag wou hê dat so iets moet gebeur nie, aangesien ons die langtermyn verhouding tussen Senwes en sy kliënte belangrik ag en u ondersteuning waardeer.
Ons sal in die nabye toekoms met alle kliënte skakel wat nog nie hulle KYC-inligting voorsien het nie.
Ten einde dit makliker vir u te maak, het ons alle winkel- en silobestuurders versoek om afskrifte van die relevante KYC-dokumentasie te maak en daarop aan te dui dat hulle die oorspronklike dokumente gesien het. Die nodige inligting sal dan aan ons Hoofkantoor in Klerksdorp gestuur word.
Enige navrae kan aan Senwes se Sekretariaat en Regsafdeling gerig word by (018) 464-7121.
Indien almal saamwerk om geldwassery en belastingontduiking te voorkom, sal almal voordeel daaruit trek aangesien dit kriminele bedrywighede sal verminder en tot 'n laer belastingkoers sal aanleiding gee.
Ons bedank weer eens ons kliënte en personeel wat tot dusver hul samewerking gebied het ten einde te verseker dat Senwes en sy belanghebbendes in die langtermyn voordele van veiligheid en voorspoed kan deel.
Senwes FICA vorms, aflaaibaar in PDF formaat.
Vorms: Wet op Finansiële Intelligensie sentrum
(9 bladsye = 72.68K)