Article information
Author
Francois Rabe
Source
 
Classification
Lekker lees
Views
497 
Article Tags

vehicles outdoors

Transporter - nie die vanselfsprekende keuse
Francois Rabe  | 01 Junie 2012

Wanneer dit kom by die keuse van ‘n hardwerkende ryding vir die plaas en ander besigheid, is ‘n bakkie byna die vanselfsprekende keuse. Tog het bakkies met vaste laaibakke ook hul tekortkominge...

...soos die gewildheid van valkant-bakkies en -trokkies van Koreaande handelsmerke (dink Hyundai Bakkie en Kia 2700) met hul aansienlike afsetsyfers al getoon het.

Een wat tot dusver nie as die vanselfsprekende keuse vir die plaas en nywerheid beskou is nie, is Volkswagen se Transporter, geskoei op die meganika van die gewilde T5, wat ook as Kombi, Caravelle, Crew Bus en paneelwa beskikbaar is. Met sy valkant-bak, en die keuse van enkel- of  dubbelkajuit, is die Transporter egter sy mededingers een voor deur nie net aansienlik maar ruimte vir passasiers te bied nie, maar ook meer pakruimte.


Die kantige bakstilering maak maksimaal gebruik van die voetspoor geskep deur die wiele-op-elke-hoek-ontwerp. Alle modelle het ‘n asafstand van 3.4 meter en ‘n totale voertuig-lengte van 5.4 meter. Op enkelkajuit-modelle (met drie sitplekke) is die laaibak 2.94 meter lank en 1.94 meter wyd, boonop geheel plat, sonder enige wielboë wat inbreuk maak op beskikbare ruimte. Die dubbelkajuit (met ses sitplekke) se laaibak is ewe wyd, maar slegs 2.2 meter lank. ‘n Sleepwa met vrag van tot 2.5 ton kan gesleep word.

Om dit moontlik te maak, is daar een enjintipe met verskillende kraglewering – ‘n 2.0 TDI wat 75 kW/250 Nm ontwikkel of met enjinkrag gerat vir 103 kW/340 Nm, en ‘n dubbelturbo-TDI wat 132 kW/400Nm uitstoot (laasgenoemde slegs op dubbelkajuite en ook met DSG outo-ratkas).  Wat meer is, soos by meeste diesel-enjins, word maksimum draaimoment tussen 1 750 en 2 500 r/min opgewek, wat beteken rybaarheid is skitterend, so ook ekonomie. Dis dieselfde enjin wat ook in die Amarok en ander Volkswagen-modelle aangetref word.

Asof dit nie genoeg aantrekking bied nie, kom alle modelle met volledige klankstelsels, lugversorging en ander geriefies.

Die Transporter se waarborg is 2 jaar/onbeperkte afstand en diensintervalle is 15 000 km. Pryse strek van R227 000 tot R333 000.



  



You must be a logged in MySenwes user to leave a comment.

Log in Register




  

Related Articles


Ongelooflike landboufotos om voor te stem
56 view(s) | Senwes | 15 Mei 2013 04:12 PM

Tyd beperk vir fotokompetisie
130 view(s) | Senwes | 08 Mei 2013 01:18 PM

Reukies rondom vleis
198 view(s) | Piet Coetzer | 02 April 2013 08:14 AM

Sportnutse vir almal
155 view(s) | Francois Rabe | 27 Maart 2013 12:35 PM

Stem vir jou gunstelingfoto!
248 view(s) | Senwes | 26 Maart 2013 01:57 PM



Facebook   Twitter   YouTube  



 




SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | info@senwes.co.za

Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402

Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za