Article information
Author
Senwes
Source
info@senwes.co.za 
Classification
Persverklaring
Views
2047 
Article Tags

from-greens-2-dreams Sosiale verantwoordelikheid press-release Senwes Village

Senwes maak hart oop vir kinders, bejaardes en gestremdes
Senwes  | 28 Junie 2012

‘n Groep kinders, bejaardes en gestremdes se las is nou effens ligter danksy ‘n skenking van Senwes Village van R15 000 elk aan die SAVF Rethabile Kinderhuis in Klerksdorp en die SAVF Evanna Tehuis op Hartbeesfontein.

Die skenkings is deur ‘n koerantberig in die Klerksdorp Rekord van 25 Mei aangespoor. In die berig word skenkings van die gemeenskap gevra aangesien beide organisasies van ondersteuning van die Departement van Maatskaplike Dienste afhanklik is en al vir vier maande geen subsidie ontvang nie. Die donasie vorm deel van Senwes Village se From Greens to Dreams fonds, wat tydens verlede jaar se Senwes Village verskaffersgholfdag ingesamel is.

Kobus Garbers (Bestuurder: Evanna Tehuis) het die skenking op 2 Junie vanjaar by Senwes Village op Hartbeesfontein ontvang en het hul bedank vir hulle onbaatsugtige bydrae tot die gemeenskap. “Ek en elke inwoner van Evanna Tehuis waardeer die skenking opreg. Elke bietjie help om die emmer vol te kry en as dit nie vir sulke skenkings was nie, sou ons heel moontlik nie oorleef het nie,” het hy gesê. Die Tehuis huisves tans 85 bejaardes en gestremdes en volgens Garbers gaan die donasie vir medikasie- en voedseldoeleindes aangewend word.

Ongeveer 150 kinders word by Rethabile Kinderhuis versorg en die onttrekking van die nasionale Lotto het ‘n groot impak op die instansie. Skoolklere, linne, versorging van geboue, munisipale rekeninge en sekuriteit is van die aspekte wat voorheen deur die Lotto-befondsing gedek is. Rethabile se bestuurder, Anita Kent, het die donasie-oorhandiging by Senwes Village Klerksdorp bygewoon. “Senwes Village was nog altyd deel van ons ‘familie’ en het ons al menige keer uit ‘n penarie gehelp. Hierdie donasie maak ‘n groot verskil in die kinders se lewens,” het sy gesê.

Rethabile Kinderhuis asook die Khaya Tshepo dagsorgsentrum in Klerksdorp het beide ‘n skenking van twee televisies ontvang, wat met Senwes se bemiddeling deur die Nelson Mandela Kinderfonds moontlik gemaak is.


Kobus Garbers, bestuurder van die SAVF Evanna Tehuis (links), ontvang Senwes se skenking van R15 000 van Willem Spies (Bestuurder: Senwes Village Hartbeesfontein). (Klik op die foto om 'n groter weergawe oop te maak)


Earl Smiles (Bestuurder: Senwes Village Klerksdorp) oorhandig die donasie van R15 000 en twee televisies aan Anita Kent, Rethabile Kinderhuis se bestuurder. (Klik op die foto om 'n groter weergawe oop te maak)



  



You must be a logged in MySenwes user to leave a comment.

Log in Register




  

Related Articles


Klante en welsyn baat by Senwes se R1 miljoen-trekking
186 view(s) | Senwes | 12 Junie 2013 10:01 AM

Senwes breek opnuut nuwe grond gedurende die nampo oesdag-week
216 view(s) | Senwes | 28 Mei 2013 10:47 AM

Senwes mededingingsaak geskik
330 view(s) | Senwes | 15 Mei 2013 03:39 PM

Samesmelting van AFGRI en Senwes kleinhandelsbesighede goedgekeur deur mededingingsowerhede
719 view(s) | Senwes | 12 April 2013 11:35 AM

Hoogste Hof van Appel beslis in Senwes en Senwesbel se guns oor aandele
496 view(s) | Senwes | 05 April 2013 10:34 AM



Facebook   Twitter   YouTube  



 




SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | info@senwes.co.za

Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402

Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za