Article information
Author
Francois Rabe
Source
 
Classification
Lekker lees
Views
353 
Article Tags

lifestyle vehicles outdoors

Meer krag vir Amarok
Francois Rabe  | 17 Augustus 2012

In die volksmond het Volkswagen se Amarok – nou reeds meer as twee jaar beskikbaar op die Suid-Afrikaanse mark, en met groot sukses – as die Ama-trok begin bekend staan. Hierdie bakkie het die doelpale kom verskuif wat betref binne-gerief, toerustingvlak en rygerief, minstens gemeet aan die markleier, die Toyota Hilux. Intussen het nog ‘n bakkie die doelpale opgetel en daarmee weggehardloop – die jongste Ford Ranger.

Dis om sy toonaangewende plek in die mark te behou dat Volkswagen kraglewering op die Amarok opgestoot het – indien daar een punt van kritiek op hom gerig was, was dit die feit dat die Amarok toegerus is met “net” ‘n tweeliter-turbodiesel, al is dit ‘n dubbel-turbo. Wat ons betref het hy nog altyd genoeg krag gehad – 120 kW/400 Nm van die 2.0 BiTDI – maar meen ons hy loop bokant 120 km/h te gou uit stoom. Nou is die Amarok met ‘n 132 kW/400 Nm-weergawe van dieselfde enjin beskikbaar, maar net in dubbelkajuit-vorm en slegs met top Highline-afwerking.


* Klik op 'n foto om dit te vergroot

Mindere dubbelkajuite(Trendline) en die enkelkajuit kom steeds met die 120 kW enjin, terwyl ‘n werker-georiënteerde 90 kW/340 Nm-weergawe ook te kry is. Vir die 132 kW-weergawe is die gemiddelde verbruiksyfer 7,9 liter/100 km (en 8 liter vir die 4Motion-weergawe).

‘n Ruk gelede is nog ‘n enjin-opsie by die Amarok-reeks gevoeg – ‘n 118 kW/300 Nm 2,0 TSI turbo-petrol (9,6 liter/100 km).

Meer as twee jaar is lank genoeg om skeptici se vrese dat die Amarok tegnologies te gevorderd vir die Suid-Afrikaanse bakkiemark en harde werk is, te besweer. Meeste dubbelkajuite, en veral dié met ‘n weelde-aanslag wat die afwerking betref, word hoofsaaklik vir ontspanning ingespan en as alternatief vir weelde-SUV’s.  Sowat 7 500 kopers het al ‘n Amarok aangeskaf, met die 5 jaar/90 000 km diensplan ongetwyfeld ‘n groot aantrekkingskrag. Hierdie Volkswagen was onder meer die eerste wat veld-ABS aan die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel het, spesiaal vir veilige gebruik op die land se grondpaaie waar soveel van die land se werker-bakkies hul bevind.



  



You must be a logged in MySenwes user to leave a comment.

Log in Register




  

Related Articles


Ongelooflike landboufotos om voor te stem
50 view(s) | Senwes | 15 Mei 2013 04:12 PM

Tyd beperk vir fotokompetisie
127 view(s) | Senwes | 08 Mei 2013 01:18 PM

Reukies rondom vleis
198 view(s) | Piet Coetzer | 02 April 2013 08:14 AM

Sportnutse vir almal
153 view(s) | Francois Rabe | 27 Maart 2013 12:35 PM

Stem vir jou gunstelingfoto!
247 view(s) | Senwes | 26 Maart 2013 01:57 PM



Facebook   Twitter   YouTube  



 




SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | info@senwes.co.za

Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402

Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za