Article information
Author
Senwes
Source
elmarie.joynt @senwes.co.za 
Classification
Persverklaring
Views
1336 
Article Tags

insurance 2020 NWK press-release

Geskiedkundige oomblik vir twee landbou swaargewigte
Senwes  | 16 April 2012

Senwes van Klerksdorp en NWK van Lichtenburg, beide suksesvolle maatskappye in die landbousektor vir meer as 100 jaar, het vandag ʼn ooreenkoms aangekondig waarvolgens NWK se versekeringsbesigheid en Senwes se versekeringbesigheid, bekend as Univision Financial Services, saamgevoeg word.

Hierdie transaksie is in lyn met beide partye se strategieë om te groei en om terselfdertyd in ʼn uiters mededingende globale besigheidsomgewing optimaal besigheid te bedryf. Die transaksie is so gestruktureer dat Senwes en NWK gelyke aandeelhouding in die gesamentlike besigheid sal hê.

“Die versekeringsbesigheid lewer finansiële advies en dienste aan veral landbouprodusente en dit maak kommersieel sin om voordele van skaal tussen ons te bewerkstellig,” het Danie Marais, die Besturende Direkteur van NWK, gesê. Voorts, omdat die twee besighede beide korttermyn-, langtermyn- en oesversekering bemark en hanteer en met groot mededingers in die finansiële sektor kompeteer, kan wesentlike sinergie en besparings tot voordeel van alle belanghebbendes bewerkstellig word.

“Alhoewel die versekeringsbesigheid ʼn kleiner rolspeler in ons besigheid is, is dit ʼn onmisbare en kritiese deel van beide ʼn landbouprodusent se portefeulje en risikobestuur, asook dié van sy finansierder en ons voorsien om deur hierdie samesmelting die klantebasis met meer mededingende en innoverende produkaanbiedings en premies te diens,” het Francois Strydom, die Besturende Direkteur van Senwes, bygevoeg.

Die transaksie sal binnekort geïmplementeer word aangesien dit nie onderhewig is aan regulatoriese goedkeurings nie. Die partye het voorts aangekondig dat Daan Hugo uit die NWK stal aangestel is as besturende direkteur van die gesamentlike versekeringsbesigheid.

Daan Hugo, wat aangestel is as besturende direkteur van Senwes en NWK se nuwe versekeringsbesigheid.

NAVRAE
EM Joynt (Senwes), Maatskappysekretaris en Regsadviseur
Tel + 27 18 464 7104
elmarie.joynt@senwes.co.za




  



You must be a logged in MySenwes user to leave a comment.

Log in Register




  

Related Articles


Senwes mededingingsaak geskik
169 view(s) | Senwes | 15 Mei 2013 03:39 PM

Samesmelting van AFGRI en Senwes kleinhandelsbesighede goedgekeur deur mededingingsowerhede
518 view(s) | Senwes | 12 April 2013 11:35 AM

Hoogste Hof van Appel beslis in Senwes en Senwesbel se guns oor aandele
334 view(s) | Senwes | 05 April 2013 10:34 AM

Kennisgewing - Aandeleterugkoopprogram
1213 view(s) | Elmarie Joynt | 13 Desember 2012 05:55 AM

Afgri Operations en Senwes nader aan finalisering van die samesmelting van landbou-kleinhandelsbesighede
1367 view(s) | Senwes | 05 Desember 2012 05:58 AM



Facebook   Twitter   YouTube  



 




SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | info@senwes.co.za

Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402

Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za